Van ’n leë tot ’n vol hart

August 10, 2017

 

Sommige mense se harte is heeltemal leeg. Hulle het niks om te gee of te deel nie, want daar is niks wat ewige waarde het in hulle eie harte weggepak nie. Leë-hart mense is so besig om hulle energie en tyd aan nuttelose dinge te wy dat daar geen diepte in hulle lewens is nie. Jesus het dikwels met sulke mense te doen gekry. Hy beskryf sulkes se tragiese eindbestemming wanneer Hy in Matteus 10 vra wat help dit as jy die hele wêreld wen maar dat jou siel skade ly? Mense wat al hulle tyd spandeer aan die soeke na uiterlike erkenning en gewildheid en wat meen dat sulke dinge geluk sal waarborg, se siel gaan morsdood. Mense wat al hulle energie vermors op die bou van ‘n loopbaan en al die uiterlike dinge wat hiermee gepaard gaan, sit uiteindelik met leë harte opgeskeep as enigste “beloning”. Daar’s geen diepgaande geluk, geen egte lewensvreugde in hulle harte nie, want hulle het geen stoorplek hiervoor ingebou nie. Al wat hiervoor help is ‘n hartoorplanting. Laat toe dat Christus jou hart aanraak en aan jou ‘n warm hart gee. Laat die Here jou hart verander in ‘n stoorkamer van sy liefde. Dan loop jou lewe oor van sy genade. 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

December 5, 2019

December 3, 2019

November 29, 2019

November 26, 2019

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: