God se wil sessie 2: Hoe dink jy oor God se wil?
top of page

God se wil sessie 2: Hoe dink jy oor God se wil? [video]


Inleidende opmerkings:

Ons sou kon praat oor God se:

- Soewereine wil - Morele wil - Individuele wil

  1. Die Bybel sê die heel meeste oor God se morele wil.

  2. Elke individu neem sy/haar besluite binne die reeds geopenbaarde soewereine en morele wil van God. Voorbeelde:

Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Matteus 7:21 Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen. Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul, en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here. Efesiërs 5:17–19

  1. God se wil as ’n “tightrope”, of as wye grense?

  2. Ons maak ons eie keuses onder leiding van die Heilige Gees binne die wye grense wat God reeds vir ons gestel het.

  3. Wysheid as sleutel tot daaglikse besluitneming

As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Jakobus 1:5


bottom of page