Die hemel ís régtig!
top of page

Die hemel ís régtig!


Ek sien toe ’n splinternuwe hemel en aarde. Openbaring 21:1a

Bestaan die hemel régtig? En: Hoe gaan dit presies daar wees?, wonder ons soms. Sulke tye kan ons ons maar net weer op die onfeilbare beloftes van die Woord en van Jesus self beroep. En ons geloof aanvul met die ondervinding van gewone mense wat op ’n buitengewone manier die lewe vir ’n kort rukkie verlaat het en dan opnuut aan ons bevestig dat die hemel wel ’n absolute werklikheid is.

Soos die storie van Colton wat deur sy pa, Todd Burpo, vertel word in die boek, Die hemel is werklik. Die vierjarige Colton was dodelik siek met ’n gebarste blindederm. Terwyl hy in die teater is bid sy pa, Todd, ernstig tot God om tog die onmoontlike te doen en sy sterwende seun se lewe te spaar. Die feit dat Colton toe daarna wel op ’n wonderbaarlike manier gesond word, was egter nie al wonderwerk wat sy ouers so ervaar nie. Na die operasie begin Colton met die spontaniteit van ’n kind vir sy ouers vertel dat hy gedurende die operasie sy liggaam verlaat het en vir ’n kort rukkie in die hemel was. Op ’n absoluut verstommende manier beskryf hy die hemel presies soos wat die Bybel dit aan ons openbaar.

So seker as wat jy hier lees, bestaan die hemel. En dis die plek waar jy, sy kind, sal ontdek wat liefde, vrede en saligheid is régtig is.

Ek sien ’n nuwe hemel kom. ’n Aarde ryk en vry.

Uit Net soos jy is


bottom of page