Geskrik
top of page

Geskrik


Dit is Desember vakansie 2016 en ek geniet altyd die Knysna-area. Daar is net iets lekkers om in die water te wees veral onder die water. Ek wou van kleintyd ‘n ruimtevaardiger word en snaaks genoeg as ek onder die water is voel dit soos in ruimte wees. Vry van die gravitasiekrag van die aarde-op ‘n manier. Deesdae moet ‘n mense mos ‘n ‘SUV’ ry en dan moet daar fietse agterop wees. Nou ja, ek wil ook ‘in’ wees en nie agter bly nie en daarom vat ek ook nou fietse saam op vakansie. Ongelukkig is ek bietjie haastig met die afpak van die bagasie en laai al vier fietse met fietstrollie, of wat jy dit ookal noem, gelyktydig af. En siedaar…my rug gee in.

En daar op vakansie moet ek nou pynpille drink en die fisioterapeut elke tweede dag gaan sien. Die pynpille brand egter my maag en een middag kry ek ‘n borspyn. Wanneer ’n mens ‘n borspyn kry dan dink jy hartaanval. En daar speel die hele drama af van my pa wat ‘n hartaanval gehad het. Gaan dit nou ook met my gebeur en ek ook my kinders jonk sonder pa laat. Gelukkig verklaar my kardioloog die pomp is nog 100%, maar my mantelvlies gebreek/geskeur en dus sooibrand.

Wat ek besef na die hele ervaring is dat ek nog nooit vrede gemaak het met my pa se hartaanval en sy dood nie. Dit spook nog al die jare by my, maar ek het dit nog net onderdruk en hoe nader ek aan sy hartaanval-ouderdom kom, hoe meer begin pla dit my. ‘n Mens se kop is ‘n gevaarlike ding-geen wonder Paulus skryf Kolossense 3:2 dat ons moet ons gedagtes na bo fokus nie. Geen wonder Jesus self verklaar Lukas 10:27 ons moet God liefhê met ons hele hart, siel en VERSTAND nie.

Ek het nou iemand gaan sien oor my pa se dood…dit na 24jaar. Ek het grootgeword in ‘n kultuur waar ‘Cowboys don’t cry’, maar my pa se dood was soos daai duikslag van Morné du Plessis op Naas Botha.


bottom of page