Het sy waarheid tot ín jou hart gevloei?
top of page

Het sy waarheid tot ín jou hart gevloei?


Mense wat in Jesus Christus glo, word nou deur God van hulle sondes vrygespreek. Dit geld vir elkeen wat glo. Romeine 3:22

Jy ken die evangeliewaarheid, naamlik dat Christus, die wat Hom as hul Verlosser aangeneem ht, 100% van hul sondes verlos, van kindsbeen af. Maar het jy hierdie waarheid al regtig gehóór? Het jy doelbewus toegelaat dat die hoor van hierdie bekende boodskap van jou ore na jou hart vloei? En verstaan jy dat, as jy Christus as jou Verlosser aangeneem het, jy wél van ál jou sondes verlos word ... dag na dag? Is dit vir jou ook so lekker om te onthou dat jy eendag vir altyd by Hom sal wees? Meer nog: dat jy nóú reeds die ewigheid in jou hart het?

Miskien is dit goed om van tyd tot tyd net weer hierdie waarheid met ‘n nuwe bril te lees. ‘n Ou bekende waarheid kan so maklik net ‘n stuk kennis wees. En dis dan wanneer Satan dit gou regkry om ons sommer net op ‘n dag aan ons kindskap te laat twyfel.

Maak sommer nou weer die teks van vandag jou eie. En luister sommer net weer met nuwe ore na die gerusstellende fluistering van die Heilige Gees in jou.

Dis Hy wat saam met die Woord vir jou sal sê: “Jy ís my kind. Want my genade is vir jou genoeg.”

Vandag dank ek U opnuut vir die feit dat ek U kind is omdat U gekies het om my te verlos.

Uit Net soos jy is


bottom of page