Leier Nuusbrief — Julie 2017 — Deel 2
top of page

Leier Nuusbrief — Julie 2017 — Deel 2


Ek het lui geword AS LEIER

Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd (Efesiërs 5:15 – 16) Christene het nog altyd luiheid as ‘n sonde gesien. Lui mense waardeer nie die gawe van werk nie en maak nie die beste gebruik van die tyd wat in genade aan hulle geskenk word nie. Om tyd te mors is dwaas.

Soos alle sonde kan luiheid stadig in ons lewens en leierskap insluip as ons die versoeking nie weerstaan nie. Hier is vyf waarskuwingstekens.

1. Jy leer minder

Passievolle leiers is sponse. Hulle leer uit ‘n groot verskeidenheid bronne., want hulle is aan hulle taak toegewy. As ‘n leier se aptyt vir leer verminder, kruip luiheid in.

2. Jy luister minder

Leiers besef dat hulle moet luister om nuwe perspektiewe te kry om te verstaan wat aan die gang is en om vir hulle spanlede te sorg. Doeltreffende luister lei altyd na werk – om probleme te hanteer of om die span weer bymekaar te trek. Leiers kan hulle werklading verminder deur minder te luister. Maar dan dryf jy na luiheid.

3. Jy evalueer minder

Evaluering lei ook tot werk. Leiers wat passievol is oor ‘n taak evalueer voortdurend en is gedurig besig met regstelling. As evaluering verminder, vermeerder luiheid.

4. Jy onderrig minder

Om ander te onderrig en te ontwikkel is tydrowend en vereis energie. Omdat die resultate nie onmiddellik sigbaar is nie, kan leiers minder onderrig sonder dat mense dit raaksien

5. Jy kla meer

In plaas van probleme aanpak en oplossings kry, is dit makliker om te kla. As jy meer kla, is luiheid besig om jou leierskap te ondermyn.

Beperkings op jou leierskap

Leiers word gefrustreer deur beperkings. Hulle wil dinge gedoen kry. Hulle glo hulle kan enige hindernis oorkom. Moontlikhede gee vir hulle energie. Idees inspireer hulle. Leiers is immers die brug tussen werklikheid en moontlikheid. Hulle karteer die weg vorentoe. Hulle kyk verby die beperkings.

Beperkings het ‘n doel. Wyse leiers gee aandag aan al die beperkings. Hoekom?

1. Nie alle moontlikhede of idees is goed nie

Leiers word dikwels vasgevang in die opwinding van die momentum en glo dan dat elke idee sal werk en dat alle moontlikhede goed is. Ons begin glo ons is onoorwinlik en ons gaan vorentoe asof alles goed is. As ons aandag aan beperkings gee, laat hulle ons stadiger gaan en gee tyd om te evalueer en om te onderskei wat noodsaaklik is. Gee aandag as jy hoor jy of jou span sê: “Alles sal reg uitwerk. Moenie bekommerd wees nie.” Daar is ‘’n verskil tussen geloof en onnoselheid. Onderskeiding is noodsaaklik..

2. As ek beperkings ignoreer kan dit my en diegene wat my volg seermaak

Omdat leiers gedrewe is, is hulle ongemaklik met selftevredenheid. Ons moet leer om ons sin van dringendheid te beheer. Doen ons dit nie, mag ‘n ramp volg. Ons gesondheid, span en familie ly daaronder. Om te verstaan wat ons dryf en motiveer is noodsaaklik, want as ons beperkings misbruik, maak ons ander en onsself seer.

3. Beperkings gee aan ons perspektief

As ons te vinnig beweeg kan ons nie die omgewing raaksien nie. Ons sien nie wat rondom ons gebeur nie. Ons ontwikkel tonnelvisie. Ons sien nie bekommernisse wat hanteer moet word, raak nie.

Leiers loop nie op water nie. Aanvaar en wees dankbaar vir die beperkings wat op jou leierskap geplaas word.

Hoe ontdek jy jou grootste waarde as leier

Ons woon seminare en werkswinkels by; ons luister na suksesvolle mense wat praat oor hulle sukses. Die dinge wat ons egter die meeste verander is mislukking, teenstand. Volharding is die beste wat jy aan jou span kan gee. As jy deur uitdagings werk, as jy teleurstellings verduur en as jy moeilike probleme oplos, help jy jou span.

Om deur die vuur te stap het twee voordele:

  • Jy leer in die praktyk om moeilike tye te hanteer.

  • Jy leer nederigheid en deernis. Jou karakter word in die smeltkroes gevorm.

Kennis geleer uit ondervinding help baie mense, maar die grootste voordeel wat jy na jou span bring, is wie jy is. Wie jy is, is belangriker as wat jy weet.

Jou reaksie op teenstand maak wie jy is.

  • Teerheid met sterkte. Skerpheid dui op swakheid; teerheid dui op wysheid. Leiers met min ondervinding probeer dikwels bewys dat hulle sterk is deur aggressie, rigiditeit en skerpheid.

  • Teerheid met vertroue. Daar is geen selfvernedering as ek teenstand goed hanteer nie.

  • Passie met standvastigheid. Volharding maak leiers minder vatbaar vir drama.

Wisdom that comes through endurance understands the value of relationships.

Wyse leiers bou verhoudings voor hulle nodig is. Dwase leiers breek verhoudings af.

Stryd dreineer jou van enige selftevredenheid. Waarskynlik die grootste voordeel van volharding is om baie van mense te verwag en om hulle terselfdertyd te ondersteun.

Drie vrae om vaardige leiers te identifiseer:

  • Hoeveel waarde heg hulle aan verhoudings?

  • Van wie leer hulle? Hoe versterk hulle verhoudings tussen ander, veral hulle spanmaats?

  • Hoe balanseer hulle hoë verwagtings en voorsien ondersteuning terselfdertyd?

Hoe rig ek leiers in die gemeente op?

Mark Dever sê dat ons in die Nuwe Testament baie riglyne kry oor die maak van dissipels. Soms fokus die Nuwe Testament op die oprigting van leiers. Paulus skyf aan Titus: Ek het jou op Kreta agtergelaat met die bedoeling dat jy die dinge wat nog gereël moes word, in orde moet bring en dat jy in elke dorp ouderlinge moet aanstel soos ek dit aan jou opgedra het (Titus 1:5). Dan beskryf hy die kriteria vir die verkiesing van ouderlinge. Hy skryf ook aan Timoteus dat hy betroubare manne wat bekwaam sal wees en daarom ook aan ander te leer, moet kry (2 Timoteus 2:2)

Die kriteria gelys in Titus en Timoteus behoort die kenmerke van elke Christen te wees, behalwe dat alle Christene nie in staat is om ander te leer nie. Die doelwitte van dissipels maak en om kerkleiers op te rig, stem meestal ooreen.

Dit is die plig van ouderlinge om na te dink oor die oprigting van toekomstige leiers:

Wherever you reside, endeavour always to acquire and maintain an influence with young men. They are the hope of the church and of the state; and he WHO becomes instrumental in building their minds with sentiments of wisdom, virtue and piety is one of the greatest benefactors of his species. They are, therefore, worthy of your special and unweaned attention ... In short, employ every Christian method of attracting them to your person. and ministry, and of introducing them to take an early interest in the affairs of the church ( Samuel Millar).

Dever identifiseer nege stappe om kerkleiers op te rig:

1. Lei hulle na Bybelse kwalifikasies

Lees net Titus 1:6 – 9 en Timoteus 3:1 – 7.

‘n Ouderling doen wat ‘n gewone Christen moet doem – hy doen dit net buitengewoon goed. Hy is ‘n model vir die hele kudde. Ouderlinge moet spesifiek nadink oor hoe hulle nuwe leiers moet oprig. Natuurlik moet ons ook na die gawe van leierskap kyk. Ons moet hierdie mense bevorder en toerus sodat hulle die Christendom kan bevorder verby die plek waar ons nou is.

Paulus sê vir Timoteus dat iemand wat graag ‘’n ouderling wil wees ‘n voortreflike werk begeer. ‘n mens kan natuurlik ook vir verkeerde redes begeer. As ons sien dat iemand die gawe van leierskap het – mense volg hom – hoe meer moet ons op sy toerusting fokus. Gee aan hom die geleenthede om te lei.

2. Aanvaar ‘n houding van soek

Jy moet gedurig op die uitkyk wees na potensiële leiers. Het jy ‘n lys van mense wat die moeite werd is om dop te hou? Dit vereis interaksie met die gemeente. Luister wie sê wat en wie praat met mekaar. Skep dan geleentheid vir hulle om te lei.

3. Spandeer persoonlike tyd met hulle

Hierdie is ‘n sleutelaspek in die opleiding van leiers. Baie kerkleiers bou mure om hulleself Paulus se oproep tot nabootsing vereis nabye teenwoordigheid. Kerkleiers moet tyd maak om met jongmense te spandeer.

4. Bevorder vertroue

Vir jong leiers om te ontwikkel, moet iemand vertroue in hulle hê. Goeie leiers wag nie vir mense om hulle eers te bewys nie voordat hulle vir hulle geleenthede gee nie. Nee, hulle sien iets wat met ’n bietjie aanmoediging sal groei Leiers het soms ‘n probleem om enigiemand anders se vermoë raak te sien en te erken.

As jy mense vertrou sal jy uiteraard foute maak. Tog is dit die moeite werd om te waag. Gemeentes moet geduldig wees met jong leiers. Jongmense gaan foute maak.

5. Delegeer verantwoordelikheid

Ons bevorder vertroue deur verantwoordelikhede te delegeer. Hoe?

  • Gee aan mense die geleentheid om te lei. Leiers se doel is nie om hulle eie koninkryk te bou nie. Jou doel is om ander te bemagtig deur hulle geleenthede te gee om te lei en te onderrig.

  • Verloor stemme en argumente. As jy delegeer verloor jy ‘n mate van beheer. Nie alles moet net volgens jou plan verloop nie.

  • Bevorder respek vir ander leiers

6. Gee en ontvang terugvoer

As jy verantwoordelikhede delegeer moet jy strukture vir terugvoer skep. Jy moet ook bereid wees om terugvoer te ontvang. Ouer leiers moet as modelle dien om te wys hoe terugvoer gegee en ontvang moet word. Daar is altyd ruimte vir verbetering in my bediening. Terugvoer is een van die doeltreffendste maniere om te verbeter. Paulus het baie kritiese dinge wat hy vir die gemeente in Korinte wil sê, maar hy begin met: die boodskap van Christus is onder julle so goed gevestig dat dit julle nie aan ‘n enkele genadegawe ontbreek nie. Julle bly ook vol verwagting uitsien na die verskyning van ons Here Jesus Christus (1 Korintiërs 1:6 – 7). Hy vlei hulle nie; hy erken wat God gedoen het. As ons potensiële leiers bemoedig sal hulle leer om God te loof

You will find, if you think for a moment, that the people who influence you are people who believe in you. In an atmosphere of suspicion people shrivel up, but in that atmosphere they expand and find encouragement and educate fellowship (Henry Drummond).

Veral jonger mense voel dat ware leierskap beteken dat ek ander teregwys.

7. Bemoedig God se gesag

Jesus het sy dissipels geleer wat die belang van Goddelike gesag is. Die wêreld misbruik gesag: hy wat regverdig oor mense heers, wat regeer in eerbied teenoor God, is soos die môrelig as die son opkom oor ‘n oggend sonder wolke, dit skitter in die reën, die gras skiet op uit die grond (2 Samuel 23:3 – 4).

8. Verwag duidelikheid

Kerkleiers moet duidelik wees oor doktrine en die leer van die waarheid. Dit is die implikasie van wat Paulus vir die ouderlinge van Efese leer in Handelinge 20.

9. Bevorder ‘n kultuur van nederigheid

Die vorige agt praktyke vereis ‘n kultuur van nederigheid sukses word bepaal deur nederigheid wat jaloesie verdryf

Ons is almal verskillende instrumente in ‘n orkes. Die leier moet jongmense help om hulle plek te kry Nederigheid leer ons om te praat wanneer ons moet en om stil te bly wanneer ons moet. Wat ‘n vreugde om deur God gebruik te word om ander toe te rus.


bottom of page