Gratis en duur tegelyk
top of page

Gratis en duur tegelyk


Mense is nie, in Richard Dawkins se soort taal, “survival machines in the services of their genes” nie. Ons is God-gemaak. Ongelukkig het ons die pad gevat, weg van Hom af. Genadiglik het God sondaars soos ons lief. Hy is eindeloos genadig teenoor mense, sy vyande inkluis. Maar laat ons dit helder vir mekaar sê - as ons dink genade is ’n toegangskaartjie tot ’n onverskillige lewe, dan begryp ons dit 100% verkeerd. As ons siening van genade ons mak maak vir verkeerde dinge, dan snap ons nie die volle genadige waarheid van God nie. En as genade ons blind maak vir dinge wat teen Sy wil indruis, dan mis ons sy hart. Genade is nie ’n persoonlike sonde-lisensie nie. Of ’n toestemmingsbrief tot ’n slordige, leef-soos-wat-jy-wil geloof nie. Genade stel ons nie vry om luilekker hemel toe te leef omdat alles afbetaal is nie. Genade plaas ons ook nie op vervroegde geestelike pensioen nie. Met “resilience” moet ons die goeie stryd van die geloof elke dag stry.

God se genade is verniet, maar dit is nie goedkoop nie. Genade kos God letterlik alles. Dit is duursaam en peperduur, al deel God dit gratis met die verkeerde mense wat nie ‘n duit hiervan verdien nie. Begenadigdes moet weet wat genade God alles gekos het en Hom lewenslank dankie sê hiervoor. Dan word die regte balans tussen genade en waarheid gevind en geleef, daardie soort wat volgens Johannes 1 in Jesus Self gesetel is. Hyself is propvol genade en waarheid. Genade sonder waarheid is religieuse sentimentaliteit. Net so is waarheid sonder genade gelyk aan godsdienstige liefdeloosheid. Beide is nodig, beide hoort saam. Beide is deel van God se liefdevolle karakter.

Dietrich Bonhoeffer skryf in sy beroemde boek, The cost of discipleship, die mooiste woorde ooit oor die prys op God genade:

“Costly grace is the gospel which must be sought again and again and again, the gift which must be asked for, the door at which a man must knock. Such grace is costly because it calls us to follow, and it is grace because it calls us to follow Jesus Christ. It is costly because it costs a man his life, and it is grace because it gives a man the only true life. It is costly because it condemns sin, and grace because it justifies the sinner. Above all, it is costly because it cost God the life of his Son: 'Ye were bought at a price', and what has cost God much cannot be cheap for us. Above all, it is grace because God did not reckon his Son too dear a price to pay for our life, but delivered him up for us. Costly grace is the Incarnation of God”.


bottom of page