Het jy ‘n goeie onderwyser in jou lewe?
top of page

Het jy ‘n goeie onderwyser in jou lewe?


“Wat, ek sit al jare lank nie meer op die skoolbanke rond nie,” antwoord jy dalk in reaksie op hierdie opskrif. Nee wag, ek bedoel nie ‘n skool-onderwyser nie. Ek praat van ‘n leef-onderwyser. Die regte term vir so iemand is ‘n mentor of ‘n “life-coach.” Te veel mense trap in die slaggat om nooit teenoor enigiemand anders aanspreeklik te wees nie. Daarom leef hulle twee lewens wat niks met mekaar te doen het nie- een in die kerk en ’n ander een by die werk. In 2 Konings 12:1-3 lees ek dat koning Joas so ‘n geestelike leermeester gehad het. Dit was die priester Jojada. Solank as wat Joas op ‘n een-tot-een basis met hierdie man van God kontak gehad het, het hy gedoen wat God van hom vra. Solank as wat Joas teenoor ‘n man van God aanspreeklik was vir sy woorde en dade, het hy koersvas op die Here se pad gestap. Joas het toe iemand gehad wat hom kon leer wat God se wil is. Het jy ook so iemand in jou lewe? Is jy leerbaar en nederig genoeg vir so 'n pad?


bottom of page