Leier Nuusbrief Junie 2017— Deel 2
top of page

Leier Nuusbrief Junie 2017— Deel 2


Vrae wat geestelike leiers behoort te vra om uitbranding te verhoed

Navorsing deur Barna Research en Lifeway Research wys daar is vier vrae wat elke geestelike leier elke jaar vir homself moet vra om uitbranding te verhoed. As ons nie aandag aan hulle gee nie, kan hulle ons passie vir die bediening dreineer. Hier is hulle:

1. Het jy ‘’n veilige persoon met wie jy die probleme en pyn in jou bediening kan bespreek?

2. Het jy al diep genoeg in jouself gekyk om vas te stel wat jou oor jou bediening pla?

3. As mense wat sien hoe jy op bedieningsprobleme reageer, gevra sou word om vir jou te vertel wat hulle dink, sou hulle sê dat jy groot veranderinge moet aanbring?

4. Aan wie en hoe moet jy jou frustrasies kommunikeer?

Sokrates het goeie raad gegee to hy gesê het: Know thyself.”

Emosionele Intelligensie (EI)

Die basiese bron is natuurlik Daniel Coleman se boek: Emotional Intelligence ; Why it can matter more than IQ. Leiers op alle vlakke moet hulle interpersoonlike vaardighede verbeter. EI is nog belangriker vir kerkleiers as vir leiers buite die kerk.

Wat is die noodsaaklikste pastorale vaardigheid? Dit is nie om in die openbaar te praat of tydbestuur of teologiese kundigheid nie, maar sosiale intelligensie (ook genoem interpersoonlike vaardighede).

Hoe kan jy jou EI versterk? Coleman en ander glo dat EI plooibaar is en dat dit kan verander. Hoe?

• Verander selfmisleiding in selfbewustheid.

• Verander fokus op jouself na fokus op ander.

• Beheer jou woede-uitbarstings.

• Wees nederig.

Gewoontes van mense met ‘n hoë EI.

• Hulle fokus op die positiewe.

• Hulle omring hulle met positiewe mense,

• Hulle stel grense en kan baie beslis wees indien nodig.

• Hulle kyk vooruit en is gewillig om die verlede te vergeet.

• Hulle kyk na maniere om die lewe meer gelukkig en interessant te maak.

• Hulle gebruik hulle energie wyslik.

• Hulle leer voortdurend en groei na onafhanklikheid

Studies toon dat mense met goeie ondervinding en ‘’n hoë IK in 25% van gevalle as leiers misluk. Diegene net ’n hoë EI plus of onderving of ‘n hoë IK slegs in 3 – 4% van gevalle as leiers misluk. EI plus ‘n hoë IK of toepaslike ondervinding is ‘’n goeie voorspeller van sukses as leier.

People are hired for IQ and experience and fired for failing to manage themselves and others well.

Hoe kan ek EI bepaal tydens ‘n onderhoud? Deur die regte vrae te vra:

• Wie inspireer jou en hoekom?

• As jy môre ‘n organisasie sou begin wat sal jou drie belangrikste waardes wees?

• As die omgewing verander hoe sal jy jou spanlede help om die veranderde doelwitte te verstaan en te bereik?

• Het jy blywende vriendskappe in jou vorige werk gebou?

• Watter vaardigheid of kundigheid voel jy moet jy verder ontwikkel.

• Wat is die drie belangrikste redes wat bygedra het tot jou sukses?

Hoekom is EI so belangrik vir leiers?

• Jy neem beter besluite.

• Jy hanteer ander beter.

• Jy word betroubaar

• Jy sal meer waarskynlik slaag.

• Jy is minder spyt.

Hoekom is EI een van die vinnigste groeiende0 vaardighede?

• Hulle hanteer druk op ’n gesonde manier.

• Hulle verstaan en werk saam met ander.

• Hulle is goeie luisteraars

• Hulle is oop vir terugvoer.

• Hulle is empaties.

• Hulle stel ‘n voorbeeld vir ander om te volg.

• Hulle besluite is beter deurdink en deegliker.

As leiers die gemeente verlaat

Dit maak leiers seer as mense die gemeente verlaat. Daar is baie redes daarvoor. Soms is dit omstandighede. Soms is dit die natuurlike pad van groei en ontwikkeling. Daar is volgens Forbes Magazine ‘n paar algemene redes:

  1. Ons lei nie meer met ‘’n visie nie. Visie is belangrik. Dit skep momentum en opwinding. Visie lei tot passie.

  2. Ons laat nie toe dat mense hulle passie uitleef nie. Dit is belangrik om mense betrokke te hou en hulle passie en geleenthede in lyn te bring. As mense passievol oor iets is, moet hulle dit net doen

  3. Ons beheer eerder as om te vertrou. Goeie leiers wil vertrou word. Groei – vir hulle in die gemeente – beteken dat die verantwoordelikheid en die gesag gedeel moet word. Die gevolg is leiers wat by jou leer en help om ander leiers te lei en te leer.

  4. Geen kreatiewe betrokkenheid nie. Kreatiewe werk wil dinge beter maak; ons beste mense wil waarde tot die gemeente byvoeg. Hulle hou van uitdagings en vrae. Hulle soek geleenthede om betrokke te raak en te innoveer Ons moet ons beste mense toelaat om hulle beste werk te doen.

  5. Ons rig nie af nie. Leiers is leerders. Ons is almal op ‘n reis en wil beter word. Skep ‘n kultuur waarin afrigting en leer belangrik is.

  6. Ons daag nie meer uit nie. Ons is verantwoordelik om ons beste mense uit te daag. As mense verveeld raak en nie meer uitgedaag word nie, gaan hulle elders.

  7. Ons skep nie plekke waar hulle gehoor kan word nie. Ons moet ruimte skep waar ons beste mense gehoor kan word. Leiers kan nie goeie besluite neem as hulle net een mening of stel data het nie. Ons beste mense het waardevolle inligting en menings om te deel. As ons nie luister nie, gaan goeie inligting verlore.

  8. Ons gee meer om vir die resultaat as vir die mense. Mense is belangrik. Sodra mense voel ons gee meer om vir die produk as vir hulle gaan ons hulle verloor. Plaas ‘n premium op mense en ons hoef ons nie oor die produk te bekommer nie.

  9. Ons deel nooit die liefde nie. Moenie al die krediet aanvaar nie; aanvaar altyd die verantwoordelikheid. Om die krediet te deel en die span te bevorder bou waarde en vertroue As ons mense vir ons agenda gebruik vernietig ons hulle moraal. As dinge goed is, is dit die span. As dinge sleg gaan, is dit die leier.

  10. Ons beloof te veel en doen te min. Dit help mense as hulle voel hulle wen; hulle is meer tevrede en betrokke.

  11. Ons gee verantwoordelikheid, maar nie gesag nie. As mense verantwoordelik is, maar hulle het nie die nodig gesag nie, sal hulle verdwyn Mense sal graag uitdagings aanpak as hulle voel hulle is bemagtig om te lei

Ons hoef nie aandag aan hierdie geleenthede te gee nie, maar iemand anders sal. As ons kyk en wonder wat van al ons talentvolle mense geword het en hoekom hulle die lewe geniet, momentum skep en die wêreld verander in ‘n ander gemeente, moet ons nie verbaas wees nie.

Fool’s Talk – Os Guinness (2015) Subtitel: Recovering the Art of Christian Persuasion

Die era van die Internet is die era van self en die “selfie.” Die wêreld is vol mense vol van hulleself. Verbinding tussen mense word globaal gekenmerk deur ongekende spoed en ongekende omvang. Almal kan met almal van oral af kommunikeer te enige tyd – onmiddellik en goedkoop. Aktiewe en interaktiewe kommunikasie is aan die orde van die dag.

Elkeen is vandag in die besigheid van selfbevordering – presenteer hulleself, bevorder hulleself, verdedig hulleself, verkoop hulleself of deel hulle innerlike gedagtes en emosies soos nog nooit vantevore in die geskiedenis nie. Ons is nou apologete al is dit net vir onsself, Ons doel in die lewe is om die grootste openbare aandag te trek en om soveel montlik met ons produkte te bereik. Ons grootste produk is ...ONS.

Is Christene gereed vir hierdie nuwe tydperk? Ons is spreekbuise vir die Here – sy advokate. Ten spyte van al die nuwe media moet baie van ons nog ‘n manier van apologetiek ontdek wat so diepgaande is as die goeie nuus wat ons verkondig – so diep soos die hart van die mens, so subtiel soos die mens se denke, so kragtig soos die reeks mense wat ons elke dag in ons buitengewone lewe ontmoet waar almal nou oral is.

Ons tyd is die grootste geleentheid vir Christelike getuienis sedert die tyd van die apostels. Ons moet die geleentheid met moed en verbeelding aangryp. Terselfdertyd moet ons die uitdagings van hierdie nuwe kommunikasie realisties hanteer. Ongelukkig het die globale era sekere swakhede in ons huidige benadering om die geloof te deel, uitgewys. Ons sien: - die Christelike getuienis het ongewild geword en ons het die kuns van Christelike oorreding verloor. Ons moet dit doen in ‘n wêreld wat toenemend post-Christendom en pluralisties is. Baie kerke doen nie meer evangelisasie nie. Ander vertrou op ‘n formule en een grootte pas almal evangelisasie.

Die kerk het nie die diversiteit van die mensdom waardeer nie, Daarom het baie van ons evangelisasiepogings misluk. Die Christelike getuienis het ongewild en onoortuigbaar geword. Die kerk het stil geword en verberg dit dikwels onder die masker van sosiale geregtigheid. Die probleem is dat baie mense wat gretig is om die goeie nuus te versprei, is ondoeltreffend as ons mense teëkom wat nie geïnteresseerd is nie – hulle gee net nie om nie.

Oorreding, die kuns om mense wat nie omgee of weerstandig is te oorreed om te luister na wat ons te sê het. Hulle stem nie saam met ons nie en is nie oop om te hoor wat ons te sê het nie. Die probleem is dat apologetiek oor argumente gaan – om argumente te wen eerder as om mense en harte te wen. Ons beste argumente moet daarop gerig wees om mense en nie argumente te wen nie.

Hierdie is tipies Os Guinness: maklik verstaanbaar en prakties. Die kuns van oorreding is iets wat ons almal moet aanleer.


bottom of page