Systap asseblief daardie verliefdheid

Facebook gebruikers spandeer sowat 21% van hulle tyd aan die instandhouding van hulle eie profiel. Soraya Mehdizadeh van York University in Kanada meen selfs dat die gebruik van Facebook gelyk is aan die ekwivalent van om na jouself in ‘n spieël te sit en staar. Sommige menslike narsissiste floreer volgens Mehdizadeh juis op Facebook op selfverheerliking. Hier blink vele volgens haar uit in vlak verhoudings. Wanneer ons sulke kunsmatige, opgeblase beelde van onsself moet skep op sosiale media platforms om ons te laat goed voel oor onsself, dan is ons in groot moeilikheid. Die Here het ons gemaak wie ons is. Om met onsself en al ons “fabrieksfoute” - vanaf ons krom bene tot ons vreemde liggaamsbou - vrede te maak, is om goud raak te boor. Nie daardie indrukwekkende profiel op Facebook of LinkedIn nie, of die mees indrukwekkende CV nie kan opmaak vir die groot leegheid hier in onsself totdat ons God se lewe van volheid en vryheid ontdek nie. Sosiale media gaan dit nie vir ons doen nie. Ons harte is leeg totdat God dit volmaak. Ons harte is hard totdat God dit deur Sy Gees sagmaak.  

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

January 24, 2020

January 21, 2020

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: