Waarom kry party mense méér reg?
top of page

Waarom kry party mense méér reg?


"Die Here antwoord hom: “Ek self sal saam met jou gaan...Eksodus 3:12a

Party mense is met die goue lepel in die mond gebore, sê ons. Dis so al asof alles wat hulle doen en is, eenvoudig ‘n sukses is en dit voorkom asof alles net maklik in hul lewens verloop. Wanneer ons dan van nader kyk, besef ons dat hulle ook maar hul struikelblokke gehad het, dat teëspoed toe ook deel van hul lewens was en dat alles nie altyd so maklik verloop het nie. Tog het hierdie “suksesvolles” ‘n paar dinge in gemeen:

  • Hulle het ‘n duidelike visie gehad van waar hulle wil wees;

  • Hulle was bereid om hard te werk en dinge met deursettingsvermoë deur te voer; en

  • Hulle het – wanneer daar struikelblokke was – elke keer weer teruggekeer na die regte pad.

Dit moes vir Moses bitter moeilik gewees het om as hakkelende en onseker mens ‘n hele paar duisend mense deur ‘n barre woestyn te lei. Tog het hy hulle tot aan die voet van die beloofde land geneem omdat Hy gehoorsaam was aan die visie wat God gehad het, met deursettingsvermoë die pad agter Hom aan blý loop het en in moeilike tye sáám met God oorwin het.

Ook jý kan jou volle potensiaal leef wanneer jy weet waarheen jy op pad is, elke treë in die regte rigting gee en in tawwe tye jou hand, meer as ooit, stewig in die van jou Vader hou.

Here, loop die pad wat U vir my beplan het asseblief sáám met my.


bottom of page