Klein bietjies maak groot verskille
top of page

Klein bietjies maak groot verskille


My liewe vriende, staan julle plek vol juis daar waar julle was toe die Here julle as sy kinders geroep het. 1 Korintiërs 7:24a

Jonny, die sak-pakker by die kettingwinkel het so pas ‘n kursus by die kerk bygewoon waarin hulle aangemoedig is om ‘n verskil in die wêreld daar buite te gaan maak. So besluit hy om elke aand ‘n “Gedagte vir die dag” uit te dink, dit op ‘n papiertjie te skryf en dit ongesiens in die pakkies van sy klante te gooi. Na ‘n week, kry die bestuurder van die winkel ‘n oproep van ‘n klant wat hom net wil vertel dat die besondere “Gedagte van die dag” sy lewe wonderlik positief beïnvloed het. Onwetend van Johny se “projek” het die bestuurder toe die verskillende betaalpunte dopgehou om agter te kom waar en hoe dit gebeur nie. Dit was nie lank voordat hy geweet het dat dit Johny is nie, want dit was duidelik dat die ry waar hý die pakwerk gedoen het, elke dag langer word. So lekker was dit vir die klante om Johny se beskeie wyshede in hul pakkies te kry dat hulle selfs méér by die winkel begin koop het. Na twee maande kon die kettingwinkel-bestuurder ‘n duidelike opwaartse grafiek in verkope sien terwyl Johny se ry konstant langer geword het ...

Nie almal van ons word geroep om te predik, sendingwerk te gaan doen of geestelike boeke te skryf nie. Maar ons word almal geroep om ‘n positiewe verskil in ander se lewens te maak. Doen jy?

Vader, maak my hart en my hande diensbaar asseblief


bottom of page