Foute is ons besigheid, genade is God S'n…

Daar word vertel dat toe Einstein na Princeton Universiteit toe gegaan het iemand vir hom gevra het wat het hy nodig. Hy het toe geantwoord: “A desk, some pads and a pencil, and a large wastebasket to hold all of my mistakes.” Foute is die storie van ons lewe. Ons almal maak dit. Diegene wat dit nie maak nie, jok. Of hulle leef in ontkenning. Of hulle doen niks. En dis ook ’n fout! Nogtans is dit een van die swaarste dinge ooit om te herken ons maak foute. Dit voel kompleet of ons foute ons karakter ontbloot. Ons voel dit laat ons sleg lyk wanneer ons ons foute erken omdat dit ons krake en tekorte ontbloot. Fout! Dis nie waar nie! Sulke eerlikheid wys juis dat ons mense is. En dat ons eg en broos is. Dit bevry ons van daardie kunsmatige “beeld-poets” oefeninge waar ons ’n vals beeld van onsself moet voorhou aan ander. Dit bevry ons van die druk om iemand te probeer wees wie ons nie regtig is nie.

 

Hoor hier, ons geloof maak ons nie foutloos nie. Ons geloof maak ons lief vir God en ander, met ons eie feilbaarheid en al. God se genade is juis bedoel vir onvolmaakte mense soos onsself. Jesus se genade roep elke keer uit dat ons foute nooit die laaste sê in ons lewe het nie. Daar is meer aan ons as ons jongste mislukkings. Ons is begenadigdes. Ons is kinders van die Allerhoogste. Ons vind skuiling by Hom. Foute is ons besigheid, maar genade is God se besigheid. In Christus vat Hy ons soos wat ons is, maar genadiglik los Hy ons nooit daar nie. Daarom groei ons altyd deur ons foute. Ons leer hieruit om nederig te wees en alles van die Here te verwag.

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

February 14, 2020

February 11, 2020

February 7, 2020

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: