“Gelukkige nie-verjaarsdag. Mag jy nog baie sulke dae hê!”
top of page

“Gelukkige nie-verjaarsdag. Mag jy nog baie sulke dae hê!”


In die kinderverhaal “Alice in Wonderland” daag Alice ongenooid by The Mad Hatter se teepartytjie op. Gou-gou kom sy agter hierdie is ‘n vreemde teepartytjie. Dit is ‘n “very merry unbirthday party.” Dis bedoel vir almal wat nie verjaar nie. Toe die Mad Hatter uitvind dis ook Alice se “unbirthday” sê hy dadelik vir haar dis ‘n baie klein wêreld, want dis ook sy “unbirthday.” Toe vier hulle fees.

Lewis Carroll, die skrywer van hierdie kinderverhaal, se regte naam is Charles Dodgson. Hy was ‘n Engelse leraar, maar in sy kinderstories het die evangelie van Christus orals deurgeskyn. Hy het geweet die Here hou van feesvierings. ‘n Feesdag hoef nie op ‘n amptelike kalender te verskyn voordat ons feesklere aantrek nie. Ons hoef nie te verjaar voordat ons mag hoor: “Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar” nie. Elke dag wat die Here ons gun, is feestyd. Elke dag is ’n geseënde dag. Nooi asseblief iemand in Jesus se Naam na vandag toe en vier ‘n stukkie lewe saam. Verdryf wanhoop teen die spoed van ‘n fees per dag. Leer sommer ook by nog ’n kinderboek-karaktertjie: “What day is it?", asked Winnie the Pooh. ”It's today," squeaked Piglet. ”My favorite day," said Pooh.”


bottom of page