Dit is belangrik om gereeld te sterf en op te staan
top of page

Dit is belangrik om gereeld te sterf en op te staan


Baie gelowiges is meer getraak oor ander mense se verkeerde optrede as oor hulle eie. Hierdie neiging is soms nader Fariseërs en Sadduseërs se optrede as aan Jesus s’n.

Indien jy jouself as christen (Volgeling van Christus) beskryf dan is dit belangrik om uit te vind waaroor Jesus getraak was en steeds is.

Jesus was egter meer geneig om mense gereeld aan lyding, dood en transformasie te herinner as aan verkeerde optrede. In Christelike spiritualiteit is Christus sentraal en sentraal tot Christus Sy dood, opstanding en die Gees as transformasie agent. Daarom behoort christene gereeld te vra hoe word dood, opstanding en ‘n transformasie-lewe, ’n realiteit op aarde.

Hoe lyk ‘n lewe van transformasie?

The paschal mystery is the mystery of how we, after undergoing some kind of death, receive new life and new spirit.

Jesus, in both His teaching and in his life, showed us a clear paradigm for how this should happen.

Ronald Rohlheiser

Die Paschal-misterie word deur Joh. 12:25 soos volg verwoord:

‘’n Koringsaadjie wat jy nooit saai nie, sal maar net een saadjie bly. Maar as jy dit in die grond saai, verdwyn die saadjie ’n ruk lank.

Dit is of dit doodgaan. Maar dan kom daar ’n plantjie op en dit dra honderde koringkorrels.’

Daar is twee tipes dood en lewe:

Die terminale dood vind plaas wanneer die liggaam sterf. Die Paschal dood vind plaas wanneer die oppervlakkige lewe laat gaan word om ‘n dieper en ryker lewe te beleef.

Die paschal-misterie is ’n transformasie proses waarbinne ons ons oppervlakkige lewe laat gaan en ’n radikale nuwe lewe en Gees ontvang.

Jesus het ons vooruitgegaan in hierdie manier van leef.

  1. Goeie Vrydag: “Verloor Sy lewe – Ware dood”

  2. Opstanding Sondag: “Ontvang nuwe lewe”

  3. Veertig dae na Sy Opstanding: “’n Tyd van aanpassing tot die nuwe lewe en rou oor die ou lewe”

  4. Hemelvaart: “ Laat gaan die oue en laat dit jou seën, weier om daaraan vas te klou”

  5. Pinkster: “ Ontvang ’n nuwe Gees vir die nuwe lewe wat ek reeds begin leef het.”

Hoe neem ek deel aan die transformasie lewe?

Die Paschal-misterie is die geheim van die lewe en evangelie, en word op ’n daaglikse basis beleef en uitgeleef. Ons almal moet aan verskillende dinge ster: Jy moet dalk sterf aan jou jeug, jou heelheid, jou drome, of aan sekere idees wat jy van God en die kerk gehad het.

Om dit prakties in jou eie lewe toe te pas, is eenvoudig. Maak ’n lys van alles waaraan jy moet sterf (Bv. Selfsugtigheid).

Aanvaar dit wat op die punt staan om gebore te word in jou lewe (Bv. ‘n Lewe waar die ander ook belangrik is).

Treur oor dit wat jy verloor het en pas aan by jou nuwe realiteit (Bv. Jy gaan nie meer wag dat ander jou bedien nie maar ook vra hoe jy ander kan dien) en moenie aan dit wat verby is vasklou nie.

Ontvang dit wat mooi was (Bv. Mense se glimlagte en dankbaarheid). Aanvaar die Gees en laat Sy influistering al duideliker word in die lewe wat jy nou reeds leef.

Christene kan dus leer om nie gedurig te kritiseer nie, maar om eerder elke dag, oor en oor, hierdie pad van ware transformasie te stap.

Geïnspireer deur Henri Nouwen, Ronald Rohlheiser en die Bybel.


bottom of page