top of page

Intredende gebed


Christian intercession might be defined as love on its knees in prayers for others.” - Charles Brent

Een van die grootste voorregte van ‘n Christen is om vir ander in te tree in gebed. Dit is waar ons bid vir hul behoeftes en Sy genade en vergifnis vra vir hul sonde.

Dr Bill Bright vertel in sy boek “How to pray with Confidence” hoedat, in die jaar voordat Campus Crusade for Christ gestig is, nie ‘n enkele persoon tot bekering gekom op die kampus van UCLA nie ten spyte van die Brights se evangelisasiewerk. Toe Campus Crusade for Christ in 1951 gestig is, het hulle dadelik met ‘n 24 uur gebedsketting begin om vir hierdie bediening te bid. Gedurende die volgende paar maande het meer as 250 studente tot bekering gekom! Campus Crusade for Christ International het intussen gegroei tot ‘n evangelisasie organisasie waardeur miljoene mense wêreldwyd tot bekering gelei word.

Bill Bright vertel verder dat ons nie die krag van voorbidding moet onderskat nie. “My ma en Pa was 35 jaar getroud voordat my pa die Here aangeneem het . My ma het aangehou bid ten spyte van sy en haar kinders se onverskilligheid. Sy het volhard totdat ons hele familie die Here aangeneem het.”

Ons bid soms vir ‘n ruk en raak dan moedeloos as ons geen verandering sien by die persoon vir wie ons bid nie. Ons kom dan tot die slotsom dat dit nutteloos is om vir hulle te bid en hou dan op om vir hulle in te tree in gebed.

My goeie vriend Vijay Menon, was ‘n Hindoe met sy koms na Brittanje. Hier het hy en sy vrou by ‘n Engelse Christen vrou geloseer. Hierdie Christenvrou het 6 jaar lank vir hulle gebid en is dood sonder dat sy die vreugde gehad het om te sien dat hy sy hart vir die Here gee. Vijay het weer op sy beurt 10 jaar vir die bure aan sy regterkant gebid en 6 jaar vir die bure aan die linkerkant voordat hulle Christene geword het.

Hierdie en talle ander voorbeelde van gebedsverhoring inspireer ons om gereeld vir ander in te tree en nie ontmoedig te word nie. Ons gebede het groot krag al sien ons nie die uitwerking dadelik nie.

"Our Savior Himself, to whom all authority in heaven and earth was given, spent much time praying while here on earth. Now seated at the right hand of God the Father, He intercedes on our behalf. Since He is our example, we can rightly conclude that the ministry of prayer is the highest calling a Christian can have." Bill Bright


bottom of page