Om reg te blý kies

April 21, 2017

 

Omdat die Here by Josef was, was die hoof van die tronk oor niks bekommerd nie. Hy het alles aan Josef oorgelaat en die Here het Josef gehelp, sodat alles goed gegaan het. Genesis 39:23

 

Om áltyd “reg te kies”, is nie vir sussies nie. Want die regte keuses vra dikwels iets van ons: Soos om hard te werk om iets te bereik. Soms vra dit vreeslik baie wilskrag om gedissiplineerde finansiële bestuur toe te pas, gereeld jou geestelike lewe te verryk en elke dag vir jou stiltetyd  tyd te maak. Om getrou die pad agter God aan te loop , is regtig nie altyd sommer-net-keuses nie. Dit alles vrá iets van ons.

 

Kan jy dink hoe ontsteld Josef moes wees toe hy deur die leuenstories van Potifar se vrou in die tronk moes beland? Om van rykmanskind na slaaf na tronkvoël toe te verlaag kan nogal enige iemand laat handdoek ingooi. Tog kies Josef wéér reg. Daar tussen die tralies leef hy steeds so naby aan die Here hy – selfs onder die moeilikste omstandighede denkbaar – ‘n wesenlike verskil maak. Ja, hy kry dit reg om ook in sy tronk-oorpak ‘n geseënde van die Here bly.

 

Dalk is jy al moedeloos gekies aan die régte pad. Dan wil ek jou vandag aanmoedig om wéér, nog ‘n keer, te kies om die suiwer weg te kies, die regte ding te doen ... die wil van God te volg.

 

Here, ek wil vandag u wil volg. Maar ek is swak. Help my daarmee asseblief.

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

February 27, 2020

February 26, 2020

February 25, 2020

February 21, 2020

February 19, 2020

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: