Meer as optimisme is nodig hier in Suid Afrika, geloof en hoop is nodig!
top of page

Meer as optimisme is nodig hier in Suid Afrika, geloof en hoop is nodig!


As Amerikaanse krygsgevangene was Jim Stockdale vir agt jaar in die tronk in Viëtnam. Toe hy later deur die skrywer, Jim Collins, gevra is hoekom vele ander gevangenes rondom hom moed opgegee en doodgegaan het, was sy antwoord: "Oh, that's easy. It was the optimists." Toe verduidelik Stockdale dat daardie gevangenes vir almal vertel het hulle sal vry wees op Kersdag. Toe verskuif hul optimisme weer na Paastyd. En toe weer na die 4de Julie. Toe niks gebeur nie, het hulle almal uiteindelik van gebroke harte gesterf, het Stockdale verduidelik.

Natuurlik is optimisme nie te versmaai nie. Maar optimisme moenie met geloof of met Christelike hoop verwar word nie. Optimisme het te make met veranderde omstandighede, hoop en geloof het te make met veranderde lewens. Optimisme het meermale met myself en ander rondom my te make; hoop en geloof het altyd met God, Christus en die Heilige Gees te make. Optimiste glo môre gaan beter weet, hoopvolles glo vandag reeds, en môre ook in Christus, maak nie saak wat gebeur nie.

Mense wat nie deur die lewe fyngemaal word nie, beskik oor meer as net optimisme. Hulle het 'n onwankelbare geloof hier diep in hulle harte dat die lewe sinvol is omdat hulle die God van alle genade ken. Hulle weet dat nie eens die slegste omstandighede dit kan verander nie. Al verander die land se politiek nie; al reën dit nie; al wyk die siekte en armoede nie- hulle weet Christus is by hulle. Hulle oog is nie op die sigbare nie, maar op die Onsigbare. Saam met Paulus daar in 2 Korintiërs 4:16-18 weet hulle dat hier en nou tydelik is en die lewe daar by God waarop hulle hoop gefokus is, ewig is. Hulle ervaar God dra hulle ten spyte van hulle omstandighede. Hulle weet dat Christus hulle lewe is.


bottom of page