God se wil [nuus]
top of page
  • Writer's pictureekerk

God se wil [nuus]


Wat is God se wil vir my lewe? Wat is God se wil vir Suid Afrika? Hierdie skyn ’n tema te wees waarmee menige gelowige worstel en waaroor baie mense wonder. In hierdie God se wil videoreeks word die Bybel, en veral die Nuwe Testament, ondersoek en word daar prakties gekyk na wat die Here se Woord werklik oor die wil van God te sê het. In hierdie proses het ons gepoog om aan te toon dat God se wil geen raaisel behoort te wees nie. God se wil is vryelik beskikbaar vir almal om te verstaan. Ons het gepoog om wat ons as hedendaagse wanopvattings beskou, reg te stel en op die man af te praat. Ons wens is dat almal wat hierdie materiaal deurwerk die eenvoud sal beleef wat die Evangelie bring, dat almal die bevryding sal beleef van wat dit is om daagliks wyse en kreatiewe besluite onder leiding van die Heilige Gees te neem. Laat Sy wil geskied op Aarde, net soos in die hemel!

Skryf in om weekliks 'n epos te ontvang waar ons saam vanuit die Bybel dink oor God se wil. Skryf in deur hierdie skakel te volg. Jy kan ook saam op die Youversion Bybellees toepassing hierdie leesplan volg. Skryf in vir die Youverson leesplan deur hierdie skakel te volg.

Die Ekerk-span


bottom of page