5 tale van die liefde van kinders [resensie]
top of page

5 tale van die liefde van kinders [resensie]


Elke kind het die primêre behoefte dat hy of sy liefgehê word sonder voorwaarde. En elke kind het ‘n liefdestaal, ‘n manier waarop hy of sy ‘n ouer se liefde die beste verstaan. Stel jy belang om te leer hoe om jou kind se primêre liefdestaal te ontdek en te praat? Dié boek stel jou in staat om jou kind se unieke behoefte aan liefde te verstaan maar ook om terselfdertyd die ander vier liefdestale te snap. Jou kind het nodig om te weet dat jy hom of haar liefhet. Dit is die suksesvolle roete wat ons kinders benodig om suksesvol tot volwassenes op te groei.

Die vyf liefdestale is: fisieke aanraking, opbouende woorde, kwaliteit-tyd, geskenke en diensbaarheid. En oor dit alles kom dissipline voor.

Die boeke oor die 5 tale van die liefde het ‘n enorme impak op Christene regoor die wêreld uitgeoefen, en met reg. Want Jesus het ons geroep, nie om ‘n klomp wette te onderhou nie, maar om Hom, mekaar en onsself lief te hê. Nou is dit toegepas op kinders.

Hierdie boek is ideaal geskik vir ouers, opvoeders en enkelouers. Dit is so geskryf dat dit gemaklik lees maar jy moet nie die diepte daarvan onderskat nie.

Dit bevat ook as ‘n bonus die liefdestaal-speletjie vir kinders.

As jy moeite hiermee gaan doen, gaan dit jou verhouding met jou kind radikaal en indringend verander, en dit ten goede. Dit gaan nuwe paaie oopmaak omdat dit nie ‘n emosionele liefde is wat ter sprake is nie maar ‘n liefde gedryf deur die opdrag wat jy in die Woord kry en dissipline.

Jy weet jy is lief vir jou kind, maar weet jou kind dit? Hoeveel kinders word stukkend groot en ly lewenslank aan ‘n swak selfbeeld omdat hulle nie aanvaarbaar en geliefd gevoel het nie. Hul ouerhuise het hulle verwerp laat voel. Daarom die noodsaak dat ons leer om ons kinders lief te hê. Maar dan terselfdertyd die uniekheid van jou kind en sy of haar behoeftes te snap sodat jy in die taal met jou kind kan praat wat jou kind verstaan.

As daar kinders of kleinkinders in jou lewe is, is dié boek ‘n móét!


bottom of page