Die groen monster

March 31, 2017

 

“ … Vergeef ons waar ons nie doen wat U van ons vra nie, net soos ons almal vergewe wat nie reg teenoor ons optree nie …”. Lukas 11:4a

 

Om jaloesie uit jou hart te kry, gebeur nie oornag nie. So dalk moet ons ’n tweede dagstuk daaraan wy. Die gevaar van jaloesie is dat dit nogal ‘n manier het om ‘n mens so saggies te bekruip. Amper soos ‘n skelm jakkals sluip hierdie groen monster mos so stukkie vir stukkie in ons hart ... totdat jy hom later nie meer kan beheer nie. Dit gebeur mos veral wanneer ons agterkom dat iemand anders soveel meer as ons het, beter, mooier, meer welgesteld of meer begaafd as ons is. En Ai, wanneer Satan eers sy groen jakkals in ons harte ingestuur het, hap hy gróót happe van ons liefde af.

 

As jy jaloesie in jou hart identifiseer, is dit die beste om oop kaarte met jou Vader Hom te speel, Hom van jou afguns te vertel en sy Gees te vra om jou in die waarheid te lei. Vra Hom veral om in die proses jou weer terug te neem na jóú doel op aarde en na dit wat jóú spesiaal maak.

 

Jy kan met jou persoonlikheid en jou baie spesifieke talente en gawes skoene volstaan wat nét jy kan. Moenie iemand anders se skoene probeer vul nie. Loop jou pad met jóú skoene. Dis God se volmaakte pad vir jou!

 

Vader, maak my jaloesie-vry deur my mý te laat sien soos U my sien.

 

Net soos jy is – uitgegee deur CUM

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

December 13, 2019

December 6, 2019

December 5, 2019

December 3, 2019

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: