top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Registreer groot op die hemelse Richterskaal


Ek lees iewers in ’n studie dat as jy jouself geneties self sou ontwerp, dan sou die kans een uit tien triljoen wees dat jy sou op eindig as jou huidige self. Jy bestaan uit dermiljoene selle. Meer presies, ‘n studie deur Bianconni, Piovessan en andere in 2013 bereken daar’s 3.72 × 1013 selle in jou liggaam. Jy kan gaan uitwerk hoeveel biljoen selle dit presies is. Dit vertel egter iets aardskuddend oor God se gedetailleerde belangstelling in jou. Hy is persoonlik betrokke by jou hele lewe. Elke sel, elke haar, elke deeltjie van jou is aan Hom bekend. Jy is nie oorgegee aan jouself nie… of ‘n slagoffer van jou omstandighede nie. Jy is ’n lewende, pratende, wandelende wonderwerk. Jy is regtig na die beeld van God gemaak. Daarom is jy gedurig binne die genade-visier van die Allerhoogste. Laat sy Gees toe om jou van heerlikheid tot heerlikheid te verander, soos wat Paulus in 2 Korintiërs 3:18 skryf. Laat Hy jou lewe omraam met vreugde en blydskap. Laat jou Godgegewe gawes en talente vir ander mense tot ’n seën wees. Dan registreer jou een en enigste lewe groot op die hemelse Richterskaal.


bottom of page