Leier Nuusbrief — Maart 2017 — Deel 1

March 1, 2017

 

Al weer emosionele intelligensie

 

Volgens die World Economic Forum’s Future of Jobs Report sal Emosionele Intelligensie (EI) teen 2020 een van die belangrikste vaardighede wees in die werkplek.  75% van bestuurders sê dat hulle eerder mense met ‘n hoë EI as ‘n hoë IK sal bevorder. Hoekom beklemtoon organisasies EI. Hier is van die belangrikste redes.

 

1. Hulle kan druk reg hanteer

 

Om druk in die werkplek te hanteer en goed te funksioneer onder hierdie omstandighede vereis dat ons ons emosies moet kan bestuur. Mense met ‘n hoë EI is meer bewus van hulle interne termometer. Daarom kan hulle hulle spanningsvlakke beter hanteer. Hulle het gewoonlik gesonde ondersteuningstelsels wat goed funksioneer onder moeilike omstandighede. Die toenemende spoed van verandering in die wêreld sal waarskynlik spanning verhoog. Die waarde van diegene wat spanning kan hanteer verhoog ook.

 

2. Hulle verstaan en werk saam met ander

 

Mense met ‘n hoë EI is minder verdedigend en meer oop vir terugvoer. Soos spanwerk belangriker word in die werkplek, is dit belangrik om ander te verstaan en saam met hulle te werk. Mense met ‘n hoë EI kan verhoudings met verskillende groepe mense bou.

 

3. Hulle is goeie luisteraars

 

Almal wil gehoor en verstaan word. Die vermoë om goed te kan luister en ander te verstaan is noodsaaklik vir goeie verhoudings. Mense met ‘n hoë EI kan hulle emosies en begeertes eenkant plaas en aandag gee aan ander se emosies en begeertes.

 

4. Hulle aanvaar terugvoer makliker

 

Om goed te funksioneer is oop, tydige terugvoer noodsaaklik. Mense met ‘n hoë EI is minder verdedigend. Hulle aanvaar terugvoer veral as dit gaan oor gebiede waar hulle moet verbeter.

 

5. Hulle het deernis

 

Mense met ‘n hoë EI plaas maklik hulle emosies en begeertes eenkant  en gee aandag aan ander. Samewerking vereis dat ons op ons spanlede se emosies moet reageer. Mense met ‘n hoë EI is sensitief vir ander en gebruik dit om vertroue te bou. Spanne kan op die taak fokus en word nie in ‘n onderlinge stryery vasgevang nie.

 

6. Hulle stel ‘n voorbeeld vir ander om na te volg

Mense met ‘n hoë EI word nie maklik verbouereerd as dinge nie volgens plan verloop nie. As ander dit sien wil hulle hulle navolg. Daarom is EI ‘n sleutel om ander mense te beïnvloed. Die vermoë om bo die daaglikse irritasies uit te styg verdien respek van mense.

 

7. Hulle maak meer deurdagte en deeglike besluite

 

Weens hulle vermoë om dinge duidelik vanuit ‘n ander se gesigspunt te sien, maak mense met ‘n hoë EI beter besluite, want hulle verstaan die impak van hulle besluite op  ander mense. Dit lei ook tot beter skadebeheer as sekere besluite wel negatiewe gevolge vir ander het.

 

’n Vlak-5 gemeente

 

Basies in ‘’n Vlak-5 gemeente ‘’n gemeente gewy aan vermenigvuldiging op elke vlak. Die hart van so ‘’n gemeente is dissipels wat dissipels maak. Hierdie gemeente leef om Christene te produseer wat ander Christene produseer om deel van die plaaslike gemeente te wees. Bill Easum sê dat die beeld van ‘n Vlak-5 gemeente duideliker word. Die mense in hierdie gemeentes:

  • Verstaan dat Jesus die enigste gesag vir alles in hulle daaglikse lewe is. Dit is die beginpunt van alle ware maak van dissipels. Dit skakel die verbruikersmentaliteit wat so baie gemeentes pla, uit.

  • Sien dat die koninkryk belangriker is as die gemeente. Hulle sien hulle gemeente deur die lens van die koninkryk. Dit skakel kleinlike gevegte in die gemeente uit. Hulle sien alle gemeentes as uitdrukkings van Die Kerk.

  • Is ingeskakel by die omliggende gemeenskap, want hulle besef dat om dissipels te maak – hulle primêre doel - moet hulle naby aan hulle bure leef.

  • Deel hulle geloof met al hulle netwerke en lei mense na Christus. Hulle het van geestelike vorming na geestelike voortplanting beweeg; van Bybelstudie na toepassing van die Bybel; van onderrig na om Jesus te volg.

  • Hulle doel is om kerke te plant wat weer ander kerke sal plant. Hierdie dissipels speel nie kerk nie; hulle aanbidding is nie ‘n plig of ‘n gewoonte nie.

  • Hulle doel is om hulle gemeenskap beide sosiaal en geestelik te verander. Hulle is die gemeente in die gemeenskap.

 

Volgens Easum sien ons tekens van hierdie mense in meer en meer gemeentes. Hy vra ‘n paar vrae:

  • Mobiliseer jou gemeente die mense om hulle roeping na die gemeenskap en wêreld eerder as om vakatures in die gemeente te vul? Sien die leraar hom/haar as die leraar van die hele gemeenskap of net van die plaaslike kerk?

  • Sien die leiers die oes en is hulle bereid om mense los te laat of probeer hulle net meer mense bymekaarmaak?

 

Is daar sisteme in plek om die groot opdrag van Matteus 28 te ondersteun?

  • Dink en praat jy van die kerk of net van ons gemeente?

  • Verwag jy dat almal sendelinge moet wees of kluister jy hulle tussen die vier mure van die kerk vas?

  • Is daar ‘’n balans tussen lewe in die gemeente en om buite die gemeente ontplooi te wees?

  • Fokus jy daarop om mense by te voeg of op die maak van dissipels wat op hulle beurt weer ander dissipels maak?

  • Meet jy nuwe bekeerlinge en aantal mense wat uitgestuur word of meet jy geld en bywoning?

  • Het jy die leraar/lidmaat onderskeiding uitgeskakel of verwag jy dat die leraar alle lidmate moet versorg?

Genadedood

 

Lifeway Research het onlangs die volgende vraag gevra: “As ‘n persoon voor ‘n pynlike terminale siekte staan, is dit aanvaarbaar om ‘n geneesheer te vra om sy lewe te beëindig?” 67% van Amerikaners het ja geantwoord. Dieselfde vraag is aan Christene gestel – 59% het ja geantwoord. Volgens tradisionele Christelike leer hou God die sleutels van lewe en dood in sy hande.

 

Baie gelowiges in die VSA glo dat dit reg is vir mense om hulle eie lewens te neem as hulle so dink. As hulle ‘n stadige, pynlike dood in die gesig staar wil Amerikaanse Christene opsies hê. Een daarvan is om vir hulp te vra om te sterf.

 

Niemand wil ly nie. Die hele skepping, die hele mensdom, kreun onder die gewig van sonde en dood (Romeine 8) Natuurlik moet ons nie pyn en lyding soek nie, maar ons moet ook nie daarvan wegvlug asof dit geen sin het nie. In die Skrif kry ons baie verwysings na die vrug van lyding.

  • God wat alle genade gee ... sal julle, nadat julle ‘n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak (1 Petrus 5:10).

  • Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en die hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het (Romeine 5:3 – 5).

  • Ek is daarvan ooruig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie (Romeine 8:18).

 

Ons kyk gewoonlik na die lewe van Job as ‘n voorbeeld van volharding in lyding. Toe sy eie vrou vir hom sê: Vervloek God en sterf!”, antwoord hy: As ons die goeie van God aanvaar, moet ons nie ook die slegte aanvaar nie? (1:10). Dit is nie wat ons vandag in die kerk kry nie. Ons is gedurig besig om ons oortuigings aan te pas: ons gee die voorkoms dat ons God vertrou en sy opdragte uitvoer, maar ons bereidwilligheid om op die moeilike plekke te volg het afgeneem.

 

As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder (Jesaja 43:2- 3)

 

Elizabeth Kϋbler- Ross

 

Dr. Kϋbler-Ross was ‘n Switserse psigiater begin haar beroep in die 1950’s as intern in ‘n groot hospitaal. Tydens  uitputtende saalrondtes was sy soos die ander dokters ontsteld oor die manier waarop personeel terminaal siek pasiënte hanteer het. Daar is vir hulle gejok oor hulle toestand, hulle is geïgnoreer. Hulle is dikwels alleen gelaat om te sterf. Sy het begin deur net by hierdie pasiënte te sit. Sy het na hulle stories geluister. Sy merk op dat hulle dikwels na hierdie besoeke vrede ondervind het.

 

Mettertyd word sy kundig oor hoe om die gees van hierdie pasiënte wat nie meer vir hulle fisiese probleme hanteer kan word nie te hanteer. Ander geneeshere verwys hulle pasiënte na haar In 1969 publiseer sy haar werk in die bekende boek: On Death and Dying. Hierdie boek verander die manier waarop die mediese professie terminale pasiënte hanteer.

 

Werk in ‘n klein invloedsfeer – ‘n intern van gee besondere belang nie sonder enige gesag, het haar nie ontmoedig nie.. Sy brei hierdie invloed wêreldwyd uit sy het min hulpbronne gehad – haar basiese mediese opleiding, haar talente, passie en gewete. Sy voel egter ‘n groot behoefte aan. Sy gebruik haar paar hulpbronne om hierdie behoete te hanteer.

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

November 12, 2019

November 6, 2019

November 5, 2019

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: