top of page

God se Koninkryk kom aarde toe in klein, gereelde liefdesdade


John Ortberg vertel in sy boek “All the places to go” die merkwaardige verhaal van Linda Wilson-Allen. Sy is ‘n busdrywer in San Francisco wat haar liefde vir Jesus tasbaar maak vir almal om haar. Sy ken die name van die mense wat gereeld op haar bus ry. Sy wag vir hulle as hulle laat is en maak die verlore tyd later op in haar roete. Toe ’n tagtigjarige vrou, Ivy, met swaar kruideniersakke op die bus probeer klim het. Het Linda uit haar sitplek opgestaan en Ivy op die bus gehelp. Ivy maak nou ‘n punt daarvan om te wag vir Linda se bus ten spyte daarvan dat ander busse verby haar ry. Linda het ook ‘n vrou, Tanya, in 'n bushuisie sien sit en besef dat sy is vreemd in die area is. Dadelik nooi sy haar vir Thanksgiving - "Jy gaan alleen wees en jy is meer as welkom om Thanksgiving saam met my en die kinders te spandeer."

Met hierdie klein liefdesdade verander Linda die gemeenskap wat elke dag deel is van haar roete. Mense bring nou vir haar plante en bied haar die gebruik van hulle vakansiehuise aan.

Deur haar liefde vir die mense uit te leef het Linda die mees geliefde busdrywer in haar stad geword. Deur haar liefde vir mense verander sy 'n ondankbare werk waar jy met geïrriteerde passasiers te doen het, verkeersknope, morsjorse wat die bus bemors, ens. in ‘n sendingveld..

Hoe kry sy dit reg? Haar geestelike roetewyser word elke oggend om 2.30 ingestel waar sy op haar knieë vir 30 minute bid. “Daar is baie om met die Here oor te gesels” sê Linda aan die verslaggewer wat die onderhoud voer. So gebeur dit dat jy agter die stuurwiel van ‘n San Francisco bus die koninkryk van God kan gaan ervaar.

Ek kan ook soos Linda deur liefde, respek en omgee, mense om my se lewe verander. Hetsy dit in my werkplek is, as mamma by die huis, by die skool, tussen my vriende, by my bure. Die geleenthede is legio. Dit begin egter op my knieë waar die Here my oproep om sy dissipel te gaan wees daar waar ek elke dag leef.

Die Koninkryk van God word tasbaar wanneer ons Sy liefde aan ander bewys.

Don’t try to do great things for God. Do small things with great love

Mother Teresa


bottom of page