Bereidheid om die evangelie uit te dra – sonder ‘n Oscar!

February 8, 2017

Tydens ons onlangse vakansie in die Kaap, het my liewe vriendin Esthie besluit om vir my ‘n paar skoene te koop, simbolies van die lieflike voete waarvan Jesaja 52:7 praat: “How delightful it is to see approaching over the mountains the feet of a messenger who announces peace, a messenger who brings good news, who announces deliverance...” NET Bible

 

Siende dat ek plat swart skoene nodig het, kies ek toe ‘n paar wat nogal elegant lyk vir ‘n plat skoen, net om later te besef dat die rubbersooltjies tsjier-tsjier so ver as wat ek loop – selfs op die sagste mat! Wat ‘n effektiewe manier om my te herinner dat elke tree wat ek gee behoort by te dra daartoe dat iemand die wonderlike boodskap oor ‘n persoonlike verhouding met Jesus met blydskap kan ontvang!

 

In Februarie word die wêreld weereens vermaak met die gebeure op die befaamde “rooi mat” wanneer mense in die filmbedryf bekroon word met Oscars vir hulle waardevolle bydrae tot ons vermaak. Daniël 12:3 praat van ‘n ander beloning: “… dié wat baie  mense op die regte pad gelei het, sal vir altyd skitter soos die sterre.”  (1983 Vertaling)

 

In 1979, is Moeder Teresa bekroon met iets belangriker as ‘n Oscar: die Nobelprys vir Vrede, "for work undertaken in the struggle to overcome poverty and distress, which also constitute a threat to peace." Daar word berig dat sy geweier het dat die gewone seremoniële banket vir haar as bekroonde gehou word, en die $6000 wat dit sou kos, eerder aan die armes van Kalkutta gegee word. Hiermee kon honderde behoeftiges vir ‘n jaar gevoed word.

 

Ek wil vandag en elke dag die skoene van bereidheid om die goeie nuus te deel, aantrek, en met pragtige voete die dag ingaan.  En soos Jakobus ons vermaan, wil ek onthou dat dit nie noodwendig my woorde gaan wees wat mense na Jesus toe trek nie, maar die glimlag van aanvaarding en die tasbare liefde waarmee ek na hulle uitreik – mét my “ontwerperskoene” en sonder ‘n wêreldse Oscar of Nobelprys!

 

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

November 15, 2019

November 12, 2019

November 6, 2019

November 5, 2019

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: