top of page
deur Coen Slabber

Leier Nuusbrief — Februarie 2017— Deel 1


Kunsmatige volwassenheid

Michael McKinney sê dat vandag se kinders te veel aan inligting blootgestel word voordat hulle daarvoor gereed is. Daarenteen word hulle te laat aan lewenservarings blootgestel. Die gevolg is ’n soort kunsmatige volwassenheid. In sy boek Artificial Maturity sê Tim Elmore dat kinders so baie weet, maar eintlik is dit ’n verkeerde indruk, want hulle het so min ondervind. Hy sê:

Today, because information is so prevalent, our kids assume they have [experiential knowledge] when they only have [informational knowledge]. With an abundance of knowledge, their confidence can soar, but it’s based on a virtual foundation. Without experience, it’s easier for knowledge to produce judgmental attitudes, bullying, and arrogance.”

Met al die inligting dink kinders — en ons ook — dat hulle volwasse is. Intelligensie en volwassenheid is nie dieselfde nie. Elmore sê dat om hierdie kunsmatige volwassenheid in egte volwassenheid te verander, moet ons op vier gebiede konsentreer:

— Emosionele intelligensie. Volwasse mense bestuur hulle emosies. Dit beteken hulle ontwikkel selfbewustheid, selfbestuur, sosiale bewustheid en die bestuur van verhoudings.

— Karakter en ’n sin van etiek. Volwasse mense leef volgens ’n stel waardes en beginsels. Hulle reageer nie net op wat om hulle aan die gang is nie. Hulle het selfdissipline en ’n duidelike sin van identiteit.

— Ontdek jou sterkpunte. Volwasse mense probeer nie meer alles doen nie, maar fokus op dit wat hulle goed doen. Hulle ontwikkel hulle natuurlike vermoëns en gawes, hulle passie en hulle vaardighede.

— Leirskapsperspektief. Volwasse mense leef nie net lewens wat net om hulleself wentel nie — hulle belê in iets buite hulleself. ’n Leierskapsperspektief sluit in ’n persoonlike visie, verantwoordelikheid, deernis en inisiatief.

Egte volwassenheid is ’n leierskapsaak. Elmore se gevolgtrekking is:

Our kids have what it takes inside of them, if we’ll just take them seriously and equip them for the future. As they enter adolescence, we must begin to treat them as young adults and train them to be both autonomous and responsible. Then, I dare you to stand back and watch them amaze you.

Hier is beslis baie om oor na te dink.

Die Josua-boom

Ons kry hierdie boom (natuurlik) net in die Joshua Tree Nasionale Park in Kalifornië. Die park is basies ’n woestyn. Die dagtemperatuur styg feitlik elke dag bokant 50 grade. Hoekom is hierdie boom so spesiaal dat ’n park na hom vernoem is? Al is die omgewing hard het die boom tog ’n manier gevind om aan te pas en te oorleef.

In sekere gebiede is die omgewing vir gemeentes om in te oorleef ook maar hard. Die grond is hard en nie bevorderlik vir gemeentelewe nie. Gemeentes groei nie sommer daar nie. Gemeentes wat daar wil groei moet aanpas en leer hoe om onder moeilike omstandighede te groei.

Wat is die lesse wat ons by sulke kerke kan leer?

— Kyk na die wortels. Om te groei het plante wortels nodig — gemeentes ook. Meeste gemeentes meet sigbare dinge: erediensbywoning, bydraes, aantal vrywilligers, ens. Hierdie is almal dinge bo die oppervlakte. Wat van die minder sigbare, maar tog noodsaaklike, aspekte van ons bediening. Hier dink ons byvoorbeeld aan die leraar se persoonlike en gesinslewe. Leraars moet duidelike grense stel om hulle gesinslewe en persoonlike gesondheid te beskerm — anders gaan die gemeente al jou tyd insluk. Soms is dit moeilik vir ’n kerkleier om te besef dat hy nie onmisbaar is nie. Onthou net dat wortels nie oornag ontwikkel nie — en ons moderne mense wil onmiddellike resultate sien. Daar is ’n bamboes spesie wat vir tien jaar lank hulle wortels ontwikkel sonder dat enige groei sigbaar is. Daarna kan hulle tot ’n meter per dag groei. Die feit dat ons nie groei sien nie, beteken nie dat daar geen groei is nie.

— Verstaan jou klimaat. Vir baie van ons is die klimaat in ons middestede vreemd en selfs vyandig. Ons glo dit is heeltemal onmoontlik om daar ’n gemeente te groei. Natuurlik kan ’n gemeente daar groei, maar dan moet jy so veel tyd as moontlik met die mense spandeer. Aanvaar die verskille. Mense weet jy is nuut, maar alle mense waardeer opregtheid. Jy sal moet hard werk as jy wil slaag.

— Kry ondersteuningstelsels. Veral jong leiers het die ondersteuning van ervare leiers nodig. In die planteryk kompeteer individue; in God se koninkryk help hulle mekaar.

— Hanteer die storms. Dit is gewoonlik as iemand wat ’n groot rol in die leierskapspan gespeel het, wegtrek. Soms sal jy mismoedig voel, maar dan moet jy net vasbyt.

En die Josua-boom? Nie die indrukwekkendste boom op aarde nie, maar dit het diep wortels en groei in die woestyn.

Neem goeie besluite

Goeie besluitneming is ’n vereiste vir goeie leierskap. Wat is die geheim van goeie besluitneming?

1. Wat is my opsies?

Kry al die moontlike opsies op die tafel — ook dié wat nie ooglopend is nie. Robert McNamara, voormalige president van die Ford Motor Company, vra ’n werknemer wat met ’n besluit na hom toe kom: What did you decide not to do? Hy wou weet of hierdie man aan ander moontlikhede ook gedink het. Hierdie opsies moet jy vroeg ontwikkel — later mag daar nie tyd wees nie. Hoe meer opsies op die tafel, hoe groter die moontlikheid dat jy die regte besluit sal neem.

2. Is dit wedersyds voordelig?

Moenie ’n wig tussen mense indryf nie. Verhoudings is belangrik. As jy ’n wig indryf, moet iemand verloor en dit lei tot vergelding. Dit is nie altyd moontlik nie — soms moet jy selfs iemand laat loop. Geen leier hou hiervan nie. Harvard Universiteit het ’n studie van suksesvolle leiers in die besigheidswêreld gedoen. Een algemene kenmerk onder hierdie suksesvolle leiers was : I give before I receive. Hierdie gesindheid lei na besluite wat wedersyds voordelig — en beter — is.

3. Wat is die risiko?

Ons kan die hele wêreld oorwin en ons siel verloor. Watter voordeel hou dit in? Oppas vir tydelike voordeel wat deur permanente verlies gevolg word. Om die risiko akkuraat te bepaal, moet ons weet wanneer genoeg genoeg is. Hier gaan dit nie net oor geld nie, maar ook prestige, mag, ens.

Moenie oorhaastig besluite neem nie; as jy besluit, dink altyd aan die mense wat deur die besluit geraak word.


bottom of page