Fokus op die régte dinge

January 20, 2017

Die Here se liefde is soos ‘n borrelende fontein. Dit maak van jou ‘n sprankelende mens. Dit beskerm jou teen angs en spanning. Spreuke 14:27

 

Is daar dalk ystervarkie-mense in jou lewe wat hulself onttrek of heeltyd aan die aanval is? Mense wat oor tyd al die bordjie van “moelik-wees” om hul nek gehang het? Weet jy dat daardie mens dalk juis die een is wat liefde die heel nodigste het? Dat hy of sy só seer is dat hulle nie kan waag om ander naby aan hulle toe te laat nie? Maar dat hulle juis as gevolg daarvan mense is met brose en verlangende harte wat so graag onvoorwaardelike liefde wil ontvang.

 

Ons kan slegs sulke mense liefhê as ons bereid is om met begrip en deernis na hulle te kyk en besluit om op die goeie eerder as die verkeerde te fokus. En ons sal dit slegs kan regkry om op die mooi en positiewe in ander te fokus as ons Christus se liefde vir ons onthou. As ons onthou hou Hy elkeen van ons eenvoudig onvoorwaardelik aanvaar en liefhet. Hoe Hy my en jou foute en verkeerdwees dag na dag oorsien ... en ons steeds lief het.

 

Dalk wil die Vader jou gebruik om deur die harde kors van ‘n ander ystervarkie-mens te breek. Dalk wil Hy jou sagte hart kragtig in die lewe van iemand anders gebruik wat sterk lyk, maar eintlik baie broos is. Bid dat die Gees jou sal lei.

 

Here, help my om op die regte dinge te fokus.   

 

Net soos jy is – uitgegee deur CUM

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

November 15, 2019

November 12, 2019

November 6, 2019

November 5, 2019

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: