Ystervarkies – dis ons almal

January 13, 2017

 

Hulle (die gelowiges) het nou in ’n splinternuwe verhouding met God en met mekaar gestaan. Hulle het ook gereeld saamgeëet en saamgebid. Handelinge 2:42b

 

Hoe kan ‘n mens nader aan ander mense – en veral gelowiges – beweeg, sonder om seer te kry? Ondervinding het jou dalk al geleer dat dit toe nou nie so maklik is nie. Want sodra ons nader aan mekaar leef, kom ons mos eintlik eers agter hoe disfunksioneel ons almal is. Hoeveel bagasie daar in elkeen van ons se harte weggesteek lê. En dan ... hou ons nie altyd baie van mekaar se opgehoopte werklikhede nie.

 

John Ortberg gebruik die mooi beeld van ystervarkies. Hierdie diertjie het met rede tot 30 000 penne vas aan sy lyf. Want ook hulle is bang vir seerkry. En nou gebruik hulle daardie penne of om te onttrek of om aan te val. Dis waarom hulle nie beskou word as vreeslike liefdevolle diere nie. Tog wil ystervarkies ook nie heeltyd alleen wees nie. Daarom sal hulle laat herfs nogal ‘n groot poging aanwend om hul “liefde” teenoor mekaar te wys.

 

Ek en jy is ook maar ystervarkies. Elkeen van ons het ‘n klomp penne rondom ons lyf wat ons sal gebruik om te onttrek of ander mee aan te val as ons seergekry het. Die van ons wat die meeste seer het, se aanvalle op ander is dikwels te ergste ... juis omdat hulle hulself wil verdedig.

 

Kom ons onthou: Almal is bang vir seerkry. Kom ons hanteer elke ander “pen”-vriend eerder met liefde ...

 

Here, maak my hart sag asseblief.

 

Net soos jy is – uitgegee deur CUM

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

November 12, 2019

November 6, 2019

November 5, 2019

November 1, 2019

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: