Lag – die beste medisyne

  "Blessed is he who has learned to laugh at himself, for he shall never cease to be
   entertained
."   (John Powell)

 

 In die boek Spreuke, word ons geleer; “'n Vrolike mens is 'n gesonde mens,'n neerslagtige mens raak uitgeput.”(Spr 17:22). Om te lag is medisyne vir liggaam en siel. Kyk net hoe lekker lig en ontspanne voel ons na ‘n lekker lagbui.  'Humor makes all things tolerable,' sê die bekende prediker Henry Ward Beecher. God het lag in ons DNA ingebou!

 

Lag verminder die vlakke van stress hormone en dit is hierdie einste hormone wat jou immuniteit onderdruk en jou bloeddruk verhoog. Lag is die veiligheidsklep wat die vloei afsny van hierdie stress hormone wanneer ons spanning ervaar. Wanneer ons lag, skei ons brein endorfien af, en dit maak jou gelukkig en lekker voel. Dit kan selfs jou pyn verdoof.

 

Om te lag is katarsies. Dit is hoekom mense wat ontsteld is en ‘n snaakse fliek gaan sien, die spanning weg kan lag. Wanneer jy ‘n moeilike dag gehad het, is dit juis nodig dat jy die lagspiere sal oefen om ontslae te raak van jou spanning! Humor is gewoonlik die eerste ding wat by die venster uitwaai wanneer ons in die vinnige baan lewe. Bou daarom doelbewus tyd in jou dag vir humor en vind maniere om te ontspan.

 

’n Paar idees om humor in jou alledaagse lewe in te bou;

  • Vind uit wat jou laat lag en doen (lees of kyk) dit gereeld

  • Omring jou met mense wat ‘n sin vir humor het en spandeer gereeld tyd saam met hulle.

  • Ontwikkel jou eie sin vir humor. Dit is die beste medisyne om die dag mee aan te pak of af te sluit.

Jy kan nie jou omstandighede kies nie, maar jy kan kies hoe jy daarop gaan reageer. Met ‘n positiewe uitkyk sal jy situasies makliker hanteer en wanneer jy lag en vrolik is, sal jy die ander mense om jou ook opbeur.  So gee jy hierdie gawe soos ’n aflosstokkie aan na mense om jou. En interessant, dit sal juis jou blydskap meer maak – “Those who bring sunshine to the lives of others cannot keep it from themselves” – James M Barrie

Ons kan slegs aan ander gee as ons eie beker eers vol is. Maak daarom tyd in jou dag vir ontspanning en lag.

 

Met erkenning aan; Keith en Cindy Wright en Chris

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

November 15, 2019

November 12, 2019

November 6, 2019

November 5, 2019

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: