Inkopies

January 10, 2017

My vrou is verslaaf aan Dis-chem…elke Saterdagoggend word ek saamgesleep vir ure. Dus naels en haregoed … my tienerdogter geniet dit geweldig, maar ek en boeta bid die tyd om.

Sy voel seker oor Dis-chem soos ek voel oor ‘n vuur met vleis. By die vuur voel ek soos ‘n man en praat ek soos ‘n man en drink ek…’koffie’…soos ‘n man. Die enigste tyd wanneer inkopies interessant is, is wanneer jy kyk wat in ander se trollies is. Getroude mans is maklik om uit te ken; hy loop met ‘n lysie of kyk gedurig op sy selfoon om te sien wat gekoop moet word. Hy volg instruksies!!! Getroude vrouens het altyd ‘n groot trollies om meer te koop van deesdae lyk skool kosblikke soos   piekniekmandjies. Destyds het ma net vir ons ‘peanut butter’ ingepak en jy’t water gedrink as jy dors was. Jong ongetroude mans koop tuna en Energade. Jong ongetroude dames koop katkos en mode tydskrifte…kyk so bietjie as mense voor jy in die lyn staan. Dit is presies wat eendag met ons gebeur het. Die meisie by die ‘till’ is toe ‘n gemeentelid en terwyl sy so die inkopies oplei kyk sy noukeurig wat dominee en sy huisgesin koop.

 

Ek voel daardie oomblik so skaam. Skaam omdat sy so gluur na die roomys en die my karretjie wat ek tussen die kos ingepak het. Eks skaam want sy kyk so asof dominee nie mag roomys en ietsie lekkers vir sy huis koop nie. Terwyl ek daar staan gluur die dame so…lyk sy kan amper sê ‘mmmmh die kollekte was goed hierdie maand’. Ek kan die veroordeling in haar hart sien; hier sit sy en kan nie alles bekostig wat dominee aankoop vir die maand nie. Ek wonder tot vandag toe wat het daardie dame gedink? Sou sy volgende maand minder dankoffer gee en minder kollekte in die bordjie gooi want dominee koop te veel ‘luxuries’?

 

Ek wonder partykeer is die stelsel korrek in die gereformeerde gemeentes; waar die gemeente direk dominees se salarisse betaal? Sou dit nie beter wees om al die inkomste  na ‘n sentrale punt te stuur en dan vanaf die sentrale punt salarisse te betaal nie; sodat dominees in Makro gemeentes dieselfde verdien as ‘n dominee in Prieska? Om net daardie gevoel te breek by party gemeentelede dat dankoffer en kollektes nie net vir die dominee se inkopies is nie. Nou ja, Jesus verklaar in Lukas 10:7 dat ‘n arbeider geregtig is op sy loon.

 

Daardie vers het nie juis daardie oomblik by die ‘till’ vir my beter laat voel nie (watter 14 jarige seun weet van daardie teks of watter gemeentelid weet van daai teks). Die veroordeling dat dominee te lekker leef…hy werk 1 dag ‘n week en dan eet hy roomys. Min te wete; ek wonder of daardie dame weet hoeveel dominees verdien. Die gemiddelde dominee verdien R10000pm (dus nou VGK en reiskoste ingesluit) en dit terwyl almal van die predikante 7jaar op teologiese skool was en beskik oor Meestersgrade.

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

February 14, 2020

February 11, 2020

February 7, 2020

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: