top of page

Ons is nie gemaak om alleen hysbak te ry nie


Nou die dag sê iemand die lewe is soos ’n hysbak. Op pad boontoe moet jy stop en sommige mense aflaai. Dit het my laat dink. Toe besef ek dis ’n baie duur prys om mense af te laai. Self het ek dit ook al gedoen en ek is spyt daaroor. Mense is kosbaar, selfs al maak hulle droog. Dis toe dat ek dink dat as ons op pad ondertoe is in die hysbak dan moet ons sommige maar weer oplaai. Wie weet, dalk moet ons ons eie hysbak stop en terugkeer na daardie einste vloer waar ons party mense afgelaai het wat nie welkom was in ons spasie nie. Ek weet nie aldag presies hoe nie, maar ek weet die Here vra van ons dat ons op verskillende maniere vir mekaar moet goed wees. Ten minste weet ek ons is nie gemaak vir alleen hysbak ry nie. Die Here het ons ontwerp vir verhoudings met Hom en met mekaar. Ons kan en moet brûe na mekaar toe bou. Dalk is die beste manier om die woord “askies” of die sinsnede: “ek is jammer!” gereeld in ons eie hysbak te gebruik. O ja, en om Jesus as die belangrikste Persoon elke keer te laat saamry.


bottom of page