Van invloed-arm tot invloed-ryk

January 12, 2017

 

Soms hoor jy dat sekere mense invloed het. Wat is invloedryke mense? Wel, dalk help dit as ons eers vir mekaar sê wat is invloed-arm mense. Dit is diegene na wie niemand eintlik luister nie. Invloed-arm mense is onopvallend. Op God se terrein is dit diegene van wie Hy op die laaste dag sal sê: “Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af julle goddeloses” (Matteus 7:23).

 

Invloedryke mense weer is diegene wie se opinies en standpunte deur ander ernstig opgeneem word. Die goeie nuus is dat sekere mense ook invloedryk is op God se terrein. Nee, dit is nie noodwendig al die bekende Christelike “celebrities" van ons dag nie. Dit is gewone mense wat Jesus se aandag trek. Hoor hier, jy is regtig invloedryk wanneer Jesus bereid is oor jou met sy engele daar in God se woonplek te praat. Hy beloof in Matteus 10:32 om dit te doen as jy jou nie skaam vir Hom en sy woorde nie. Jy verskuif dadelik vanaf invloed-arm tot invloed-ryk op die regte Plek as jy God se wil najaag met alles in jou. Dan ken Jesus jou op jou Naam… vir altyd!

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

February 14, 2020

February 11, 2020

February 7, 2020

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: