Skep dit, beleef dit, gee dit verder aan

January 9, 2017

 

’n Nuwe seisoen is hier. Wie weet wat wag alles op ons? Wel, die Prediker sê in Prediker 8:16-17 dat dié wat maak asof hulle die antwoord hierop ken nie die waarheid praat nie. Diegene wat meen hulle verstaan al God se planne is ook uit pas, waarsku hy. In die plek van sulke tydmors-soektogte beveel hy vreugde aan. En ons hoef dit nie eens te loop soek asof dit iewers weggesteek is nie. Ons kan dit elke dag skep, beleef en ook verder aangee. Prediker 8:15 sê daar’s niks beter nie as om te eet, te drink en vrolik te wees (in die Here se teenwoordigheid). Vreugde is wat die Here ons gun in 2017. En hierdie vreugde is so maklik en so naby soos om elke dag feeskos te eet saam met die Here. Nee, nie noodwendig cuisine geregte of daardie Australian Masterchef se soort kos nie. Gewone brood sal doen. 

 

As jy vanjaar gelukkig wil leef dan moet jy kies vir vreugde in die Here se teenwoordigheid. Hoe doen jy dit prakties? Wel, jy breek brood; skink vir jou ’n beker koffie in en nooi die Here doelbewus as Gasheer - elke keer! Hoor weer, jy doen dit intensioneel, aandagtig en met die wete elke snytjie brood en elke glas water is feeskos. Nooi die Here as Gasheer na elke tafel van jou toe, vanaf jou etenstafel, tot jou koffietafel, tot jou werkstafel. Verander dit dan in ’n feestafel. Nooi sommer ook jou vriende, familie, werksmense en kie. O ja, en hou nou en dan ’n fees-ete saam met Jesus se gunsteling-mense - die blindes, kreupeles, armes en blindes soos wat daar in Lukas 14 sê. Sien die Here elke keer by jou tafel raak, soos wat Hy elke keer vir jou raaksien omdat Hy opgedaag het toe jy Hom uitgenooi het. Dan is 2017 ’n groot jaar.

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

February 14, 2020

February 11, 2020

February 7, 2020

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: