Rus reg in 2017

January 5, 2017

Geluk loop hand aan hand met ’n diep vrede in God. Hiersonder gaan 2017 net nog ’n jaar van onvervulde behoeftes wees. Die regte soort geluk vat regtig pos in jou binneste as jy doelbewus kies om weg te stap van jou eindelose behoeftes na God toe. Die meeste mense vind nooit sulke vrede in die Here nie. Hulle idee van geluk werk soos ’n dwelm. Hulle dink nog besittings gaan hulle gelukkig maak. Hulle benodig retail therapy of ander tydelike plesiere om goed te voel oor hulleself. Dan raak hulle verslaaf hieraan, sonder dat hulle ooit blywende geluk smaak. Hierdie soort geluk is immers geleë in die volgende ding wat hulle nog moet hê. Die enigste skuif wat in 2017 ewige dividende sal oplewer, is daardie skuif na innerlike vrede. Kom tot rus aan God se voete. Parkeer jou lewe by Hom. Rig vir jou ’n uitkyktoring op in sy teenwoordigheid. Raak stil voor die Here, soos wat Habakuk 2:20 sê. Laai jou laste aan sy voete af. Wag op Hom. Mee, moenie op diens wag nie, wag net op God. Sy teenwoordigheid is hemelse manna. Dan sal jy in 2017 rus kry vir jou gemoed.

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

February 14, 2020

February 11, 2020

February 7, 2020

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: