Kersfees gebeur in jou hart
top of page

Kersfees gebeur in jou hart


Kersfees gebeur anders by mense wat Jesus navolg. Ja, sy mense gee ook geskenke weg aan diegene wat naby aan hulle is, maar hulle doen meer as dit. Hulle gee altyd ook iets van hulleself weg. Kerstyd is ‘n tyd van deernis. Dis die tyd dat Jesus se volgelinge diegene raaksien wat nie kos op hulle tafels het, en niemand om vir hulle goed te wees nie. Dis die tyd dat sy mense ‘n kruk word vir diegene wat deur die lewe mank geslaan is. Kerstyd is omgee-tyd, trane-afdroog-tyd, selfgee-tyd. Jesus se soort Kersfees verander sy volgelinge in ligte vir die donker wêreld. Dit verander God se kinders in noodhulp-werkers wat stukkies genadebrood, en regte brood ook, rondom hulle uitdeel. Mag jy in hierdie Kersfeestyd Jesus se wonderlike geskenke ontvang. Mag jy dit ook gaan deel met almal rondom jou! Want daar’s heeltemal te veel in jou hemelse eie Kersgeskenk om alles self op te gebruik. Die Christuskind is die hart van Kersfees. By die krip in die stal klop God se liefde sigbaar. Gaan staan asseblief in Kerstyd by sy krip stil. Sien vir Jesus raak: God se grootste Geskenk ooit aan sy wêreld. Ook aan jou; spesiaal vir jou! Gaan vier Kersfees aan sy voete.


bottom of page