Van present tot Geskenk

December 15, 2016

 

Geskenke is sinoniem met Kersfees. Presente moet in hierdie week gekoop, toegedraai en ook feestelik weggegee word. Kinders kan nie wag vir daardie groot oomblik wanneer geskenke uitgedeel word nie; die meeste grootmense ook nie. Jesus se mense weet egter nog iets oor al hierdie geskenke. Hulle weet dat presente altyd in Jesus se teenwoordigheid uitgedeel word - van present tot Present dus. Anders gestel - Hyself is die eintlike Geskenk agter al die ander presente. Hy is die rede vir die Fees. Soos wat my Engelse vriende graag sê: “Jesus is the reason for the season!” 

 

Kersfees is Jesus se fees. Hy is God se heel grootste hemelse present aan ons almal. Hy en Hy alleen bring hoop. Hy is ware lewe in oorvloed. Hy maak die hemele wawyd oop bokant ons. Hy is die brug al die pad na God toe en terug! In sy nabyheid neem die lewe ’n nuwe tekstuur aan. Jesus sorg dat ons lewe betekenisvol en vol blydskap is. Daarom vier ons in hierdie dae sy teenwoordigheid feestelik. Daarom is ons diep bewus van sy nabyheid aan ons as die heel grootste geskenk ooit. Deur Hom leef, beweeg en bestaan ons.

 

Mag jy ’n besondere Kersfees beleef wat propvol is met Jesus se nabyheid en liefde. 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

November 12, 2019

November 6, 2019

November 5, 2019

November 1, 2019

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: