Jy is nie ‘n 2016-Kersfees-slagoffer nie

December 15, 2016

Gelukkig hoef Christus se mense nie Kersfees aan die wêreld uit te verkoop nie. Gelukkig kan ons Kersfees reg vier en dit ook regtig vier! Want ons weet immers Jesus is die enigste Rede vir Kersfees. Of soos wat iemand dit mooi in Engels stel: “Jesus is the Reason for the Season!” Ons as gelowiges kan met nuwe oorgawe en met groot verwondering buig voor die Kind in die Krip, die Een wat nederig en stil na ons stukkende aarde toe gekom het.  Sonder trompetgeskal het Jesus hier tussen ons gearriveer. Sy bed was ‘n eenvoudige houtbak waaruit die diere geëet het. Tog het hierdie einste Krip-Kindjie die wêreldgeskiedenis eiehandig herskryf. Hy het die bordjies permanent verhang. Nou het die skaal honderd persent in die rigting van God se genade geswaai. Jesus is God se lewende, onverdunde genade in aksie. Hy is die hemelse Bewys dat God die wêreld onvoorwaardelik liefhet. Kersfees gaan oor Hom. Dit vertel van ons vreugde omdat Jesus gekom het om die wêreld met hoop te vul. Sy aankoms en sy teenwoordigheid is die beste nuus ooit. Jesus is die hartklop van ’n geseënde 2016-Kersfees.

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

February 27, 2020

February 26, 2020

February 25, 2020

February 21, 2020

February 19, 2020

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: