top of page

Lees die lewe reg


Die lewe gebeur terwyl ons vir ander dinge beplan. Kom ons wees eerlik: die meeste van ons se lewens verloop nooit soos wat ons dit beplan het nie. Die kuns van die lewe is juis om die klein dingetjies en doodgewone gebeure in Goddelike momente te omskep. Net dalk het ons nog ‘n stukkie leeftyd oor om hierdie kuns te bemeester. Ons is nie te oud, te arm, of te onbelangrik om die alledaagse lewe in Goddelike glans te tooi nie. God gaan nie op die laaste dag vir ons gelukwens oor die groot bankrekening wat ons nagelaat het, of oor al die besigheidstransaksies wat ons gesluit het nie. Vir Hom gaan dit daaroor of ons elke as dissipels van Jesus dag geleef het tot sy eer. Ons moenie wag dat ander mense ons lewe lekkerder maak nie. Ons moenie wag totdat ‘n hemelse trompet eers langs ons begin blaas nie. Kom ons wees elke dag op die uitkyk vir daardie spesiale momente om ‘n verskil in iemand se lewe te maak. Nee, kom ons skep sulke oomblikke! Ons durf nie een aand gaan slaap sonder so ‘n moment in ons dag nie. Ons moet connoisseurs wees van die gewone lewe, een wat ‘n saai wêreld keer op keer omsoom met hemelse krag en blydskap.


bottom of page