Ouers moet hulle geloof leef!

November 17, 2016

Ek glo vas dat ouers se persoonlike verhouding met die Here die basis van geloofsopvoeding is. As ouers met vreugde leef, laat dit ‘n verhouding met die Here aantreklik lyk. Kinders moet kan sien dat dit nie nodig is om ‘n suurtier te wees as jy die Here dien nie.

 

Dit is van onskatbare waarde om as gesin saam kerk toe te gaan. Kinders moet dit ook nie as wetties beleef dat hulle elke Sondag MOET kerk toe gaan nie. Kies ‘n gemeente wat ‘n lewendige jeugbediening het en gesels na kerk oor wat julle geleer het. Sorg dat daar gospelmusiek na almal se smaak in die huis is. Stel jou kinders voor aan goeie gospelmusiek en luister saam met hulle na hulle tipe musiek, al klink dit dalk vir jou baie erg en hard.

 

Dit is belangrik om gereeld saam met jou kinders te bid. Vra of hulle gebedsversoeke het en of daar dalk iets is wat hulle pla. Gee hulle ‘n geleentheid om te bid en dan bid jy as ouer ook saam. Dit is maklik om saam met jonger kinders stiltetyd te doen. Met ‘n tiener moet ‘n mens egter ‘n ander plan maak. Vriende van ons drink soggens op hulle dubbelbed koffie saam met hulle tieners. Hulle bid dan ook sommer saam en elke kind kry ‘n beurt om soggens net een treffende Bybelvers voor te lees. Ek en my kinders het soggens op pad skool toe dikwels ook saamgebid.

Dit is belangrik dat kinders agterkom dat sekere TV-programme en flieks nie aanvaarbaar is nie. Kyk dalk so ‘n gewaagde program saam met jou kind en gee dan die rede waarom dit in julle huis verbode is.

 

Die atmosfeer in die huis is baie belangrik. Kinders moet liefde sien en ervaar en sien hoe ouers oor die kerk en diensbaarheid voel. Dit moet vir kinders lekker wees om hulle vriende na julle huis toe te nooi. Jou huis mag soms ‘n warboel van sosiale aktiwiteit wees, maar al die harde werk is die moeite werd as die vriende ook Jesus se liefde in jul huis ervaar.

 

Psalm 112: 1 en 2

 

Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien, wat al sy vreugde vind in die gebooie van die Here.

Sy nageslag is ‘n sterk krag in die land, die geslag van die opregte word geseen.

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

November 12, 2019

November 6, 2019

November 5, 2019

November 1, 2019

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: