Dit maak nie sin nie, en dit hoef ook nie!

September 15, 2016

Wie’t gesê die evangelie maak sin? Vra vir Noag wat die spot van almal verduur het terwyl hy in die woestyn ‘n ark gebou het. Of vir Dawid wat met 5 klippies in sy hand die kampioenvegter van die Filistyne aangedurf het. Of vir die 300 soldate van Gideon wat met fakkels en dromme meer as 130,000 opponente aangevat het. Om nie te praat van daardie singende Israeliete wat rondom Jerigo se mure gemarsjeer het nie. Of ‘n tagtigjarige Moses wat ongewapend by die Farao opdaag met ‘n bevel dat hy die Israeliete moet laat trek. Dan’s daar ook Paulus wat lofliedere tot eer van God sing nadat sy liggaam vroeër die dag in Filippi uitmekaar geslaan is deur die opponente van sy Heer. En Stefanus wat bid dat die Here sy vyande moet vergewe wat besig is om hom met klippe dood te gooi. Nee, die evangelie maak nie sin nie. Daarom dat ek so baie hou van die woorde van Madeleine L’Engele wat die volgende oor ons geloof sê: “We try to be too reasonable about what we believe. What I believe is not reasonable at all. In fact, it’s hilariously impossible. Possible things aren’t worth much. These crazy impossible things keep us going.”

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

November 12, 2019

November 6, 2019

November 5, 2019

November 1, 2019

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2019 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: