Word jy te maklik tevrede gestel?
top of page

Word jy te maklik tevrede gestel?


Toe God besluit het wie almal aan sy familie sal behoort, het Hy hulle persoonlik op hulle naam geroep ... Toe het God almal wat Hy vrygespreek het, met sy heerlikheid en goedheid oorlaai. Romeine 8:30a,c

Besef jy hoe baie seën God vir jou eenkant gesit het toe Hy jou die dag gevorm het? Weet jy hoe groot het Hy oor jou droom? Het jy ‘n idee wat God alles deur jou kan doen wanneer jy sy wil vir jou lewe soek en dit voluit gaan leef?

C.S. Lewis sê: “It would seem that our Lord finds our desires not to strong, but too weak. We are half-hearted creatures, fooling around about with drink and sex and ambition, when infinite joy is offered us. Like an arrogant child who wants to go on making mud pies in a slum because he cannot imagine what is meant by the offer of a holiday at the sea. We are far too easily pleased.”

Wanneer God ons seën, gaan dit oor meer as net meer persoonlike gemak en ‘n kortstondige voorspoed. Dan gaan dit oor die uitleef van God se droom vir jou lewe. Dan glo jy dat die Here vir jou ‘n geseënde lewe beplan het en dan sien, verwag, leef en werk jy asof daardie lewe reeds gebeur.

God het iets in jou begin wat Hy wil klaarmaak: ‘n geseënde lewe van saam met Hom! Glo dit, hoop dit en leef daarvolgens.

Ek glo dat U net die beste vir my, u kind, wil hê, Vader-God.


bottom of page