Waardeer ons Hom genoeg?

August 5, 2016

 

 

Julle vra: Hoe kry ‘n mens dit reg? As julle doen wat Ek vra en dit goed doen, wys julle hoe julle my liefde vir julle waardeer en geniet. Ek doen dit self. Ek doen wat my Vader vra omdat Ek sy liefde vir My so waardeer. Johannes 15:10

 

Jy het sekerlik ook al beleef hoe seer dit is om iemand lief te hê en te voel dat daardie liefde nie beantwoord word nie. Ja, elkeen van ons het al op stadiums ons alles vir iemand gegee net om te verstaan dat dit nie eintlik waardeer word nie ...

 

Dis so wonderlik om te weet dat God ons liefhet dat Hy sy eie Seun gestuur het om te sorg dat ons as geredde mense altyd by Hom gaan wees. En dis so heerlik om te ervaar dat Hy ons regtig elke dag met sy liefdesgoedheid bederf. Maar omdat Hy nie daagliks in lewende lywe tussen ons gewone menswees leef nie, is dit so maklik om Hom te vergeet en om sy genade sommer net vanselfsprekend te aanvaar. Dit terwyl Hy so graag wil hê dat ons sy géé-liefde ook sal beantwoord, dat ons Hom sal waardeer en dat ons ons liefde vir Hom sal wys.

 

Mag ek en jy elke dag ons Vader se omvattende liefde vir ons beantwoord deur ons liefde vir Hom met ‘n opregte hart te bely en deur te gaan leef soos Hy ons vra.

 

Ek het u régtig lief, Here. En ek wil dit vandag wys deur u wil te gaan leef. 

 

Net soos jy is – uitgegee deur CUM

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

February 25, 2020

February 21, 2020

February 19, 2020

February 18, 2020

February 14, 2020

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
Some elements on this page did not load. Refresh your site & try again.

LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: