Is Jesus genoeg? [resensie]
top of page

Is Jesus genoeg? [resensie]


Sedert 1980 het Angus Buchan sekerlik een van die bekendste figure in Christelike kringe geword. Sy Mighty Men-konferensies het intussen regdeur die land getrek en bereik derduisende mans. Hy tree ook as spreker by talle ander geleenthede op, het talle boeke die lig laat sien en tree gereeld op televisie op. Sy bediening het ook internasionale aandag getrek en hy tree gereeld voor internasionale gehore op terwyl sy televisie-uitsendings ook wyd gebruik word.

As ‘n mens met een woord Angus se bediening wil opsom, is “vreesloos” waarskynlik ‘n goeie keuse. Hy is nie skaam vir die evangelie van Jesus Christus wat hy verkondig nie. En hy water sy boodskap ook nie af nie. Die Jesus van die Evangelies wat water in wyn verander, blindes laat sien en melaatses rein maak, op die water loop en dooies opwek is die Jesus wat Angus verheerlik as die Een wat vir ons sondes gesterf het.

In hierdie boek gaan dit om die vraag: Is Jesus genoeg vir jou? Of het Christene nog iets of iemand nodig?

Hoe sal jy weet as Jesus genoeg vir jou is? Angus glo die doel waarvoor ons as mense geskep is, is om God se teenwoordigheid bo alles te geniet. ‘n Baie doeltreffende manier om uit te vind of Jesus vir jou genoeg is en of jou liefde vir Hom dalk afgekoel het, is om te vra: hoe lyk die gehalte van die tyd wat ek met Hom deurbring? Het die tyd wat ek in sy teenwoordigheid deurbring minder geraak weens druk by die werk of van ‘n ander kant, of omdat my hart afgekoel het?

Die waarheid is dat ‘n mens altyd tyd sal maak vir mense vir wie jy lief is, en vir dinge wat vir jou belangrik is. As jou gebedslewe nie ryk en lewenskragtig is nie, moet jy jouself afvra of Jesus vir jou genoeg is.

En dit is maar een van verskeie onderwerpe wat Angus aanraak wanneer hy vra: is Jesus genoeg vir jou. Hy gesels ook oor vas, aanbidding, nederigheid, leierskap en ander aanduiders in ‘n gelowige se lewe wat verraai in watter verhouding ‘n mens met Jesus staan.

Wat treffend van Angus se skryfstyl is, is dat hy dikwels ware verhale gebruik om te demonstreer wat hy sê. Dit veroorsaak dat sy boek jou saamneem en jou aandag behou.

Ek voorspel dat Angus met dié boek nog ‘n treffer geskryf het wat talle mense se le

wens positief gaan beïnvloed. As jy slim is, skaf jy dit dadelik aan. Die boek is by CUM beskikbaar.


bottom of page