Vergifnis bring vryskelding
top of page

Vergifnis bring vryskelding


Om vergifnis te ontvang, beteken om vrygeskeld te word van straf, hoe ernstig die oortreding ookal mag wees. God vergewe nie alleen al my sondes nie maar ook verwag God van my om my naaste te vergewe wat my kwaad aangedoen het en om my te vergewe vir die kwaad wat ek my naaste aangedoen het. Die enigste voorwaarde om vergifnis te ontvang is dat ek moet sê dat ek jammer is en dat ek God en my naaste sal vra om my te vergewe.

VEREISTES VIR VERGIFNIS

Oorwin eers die sondes in jou lewe

Om vrede te maak met iemand of met God is dit nodig om eers die sonde wat in jou lewe bestaan, uit te roei. Jesus het gesê: “As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe” (Mat. 5:23-24). As jy voortgaan om die sonde te doen, sal God jou pleit vir vergifnis nie aanhoor nie.

Vergewe jou naaste ten volle

Sou jy sê dat jy jou naaste vergewe het vir wat jou naaste aan jou gedoen het maar dat jy dit nooit sal vergeet nie, het jy nie in werklikheid ten volle vergewe nie. Daaroor sê Jesus dat as ons ander mense hulle oortredings vergewe, dit wil sê ten volle vergewe, sal die hemelse Vader ons ook vergewe, maar as ons ander mense nie vergewe nie, sal die Vader ons ook nie ons oortredings vergewe nie (Mat.6:14-15).

Wees bereid om in die openbaar vergifnis te gee

‘n Voorbeeld van onvoorwaardelike vergifnis is uitgespreek deur Yolande Korkie, skrywer van die boek

558 DAE, teenoor die Alkaïda terroriste wat haar en haar eggenoot, Pierre, as gyselaars in Jemen ontvoer het. Vir 228 dae is sy saam met haar man in haglike omstandighede aangehou terwyl daar oor

‘n losprys vir hul vrylating onderhandel is. Na ‘n aanhouding van 558 dae, skaars 48 uur voor sy vrylating, is Pierre in Jemen doodgeskiet tydens ‘n mislukte reddingspoging deur Amerikaanse spesiale magte. Yolande Korkie het na haar vrylating tydens talle radio- en televisie- onderhoude dank betuig vir haar en haar twee kinders se redding, maar beklemtoon dat sy die terroriste onvoorwaardelik vergewe vir wat hulle aan haar en haar man gedoen het.

Vergewe weer en weer

Soms word van my verwag om ‘n persoon herhaaldelik te vergewe vir verkeerde dinge wat die persoon teen my gedoen het, maar om ‘n persoon herhaaldelik te vergewe is nie maklik nie en wonder ek wat redelike vergifnis sou wees komende van dieselfde persoon. Petrus het vir Jesus gevra hoeveel keer hy sy broer moet vergewe as hy iets verkeerds teen hom doen. Selfs sewe keer? Jesus het hom geantwoord: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer” (Mat.18:21-22). Hy het bygevoeg in Lukas 17:3-4 dat as jou broer verkeerd optree, berispe hom; en as hy berou kry, vergewe hom. Selfs as hy sewe maal op ‘n dag verkeerd optree teen jou en sewe maal na jou toe terugkom en sê ‘Ek is jammer,’ moet jy hom vergewe.

Vergewe in ‘ n gees van goedgesindheid

As jy iemand vergewe, doen dit in ‘n gees van geduld, goedgesindheid en hartlikheid teenoor mekaar want dan wys dit vir die ander persoon dat jy die ander persoon nie veroordeel nie en ten volle vrygespreek het.


bottom of page