Lewende geboue vir God
top of page

Lewende geboue vir God


Paulus vertel in 1 Korintiërs 6:19-20 dat ons op ‘n dag deur Jesus Self gekoop is. Toe ons nog slawe van die sonde en die dood was, het Hy ons daar op die markplein van die sonde raakgeloop. Sy bloed was die betaalmiddel wat ons daar sy eiendom gemaak het. Jesus is in die besigheid van sondaars opkoop vir Homself - vandag nog. Hy spesialiseer steeds in die redding van verlorenes. Maar Jesus het nog iets belangrik met ons gedoen nadat Hy ons vir God gekoop het. Volgens 1 Korintiërs 6:19 het Hy ons net daar oorgegee aan die lewenslange sorg van die Heilige Gees. Van toe af omskep die Gees ons in tempels van die lewende God. Die Gees bou slegs lewende tempels tot eer van ons Vader. Ons wat in Jesus glo het dus die voorreg om sy lewenslange bouprojek te wees. Hy omskep ons algaande in lewende huise waarin God met vrymoedigheid kan woon en werk. Ons almal is onder permanente konstruksie van die Heilige Gees om God se heerlikheid te weerkaats. Daarom moet ons sy Naam groot leef en groot praat. Ons moet Hom groot dien!


bottom of page