Vrygewigheid
top of page

Vrygewigheid


WE SHARE the joy of giving NOT OUT OF DUTY OR GUILT, BUT OUT OF GRATITUDE FOR

salvation in Christ.

Unknown

Ek het onlangs ‘n geleentheid bygewoon wat oor Vrygewigheid gehandel het. Hieronder is ‘n kort opsomming van nuwe vrae wat ek na die geleentheid begin vra het. Jy is welkom om ook die vrae aan jouself te rig;

  1. Groei ek in die genade van vrygewigheid?

2Kor 8:7

Julle blink uit op so baie gebiede. Kom ek noem net ’n paar: julle geloof is baie groot. Julle is glad nie bang om oor God te praat nie. Julle het baie kennis oor sy woord. Julle is regtig toegewyd in julle geloof. Boonop blink julle ook uit in die liefde van Christus wat ek aan julle verkondig het. Kan ek dan nou die volgende versoek tot julle rig? Blink asseblief ook uit wanneer dit by hierdie geldinsameling vir die arm Christene in Judea kom.

2. Luister en gehoorsaam ek God se uitnodigings in my lewe?

Spreuke 3:5-6

Moenie dink jy weet altyd die beste nie. Begin eerder elke dag weer van voor af om die Here lief te hê. En los tog al die slegte en verkeerde dinge. Vertel die Here alles waaroor jy dink, alles wat jy wil doen. Dan sal jy sien hoe Hy jou help. So ’n lewenshouding sal jou baie gelukkig maak.

3. Het ek al ‘n visie ontwikkel waarvolgens ek die vreugde van ‘n vrygewige lewe kan deel?

Hebreërs 10:24-25

Laat ons gedurig maniere soek om mekaar opgewonde te maak om goeie dinge vir mekaar te doen en lojaal teenoor mekaar te wees. Juis daarom moet ons gereeld bymekaarkom en nie sommer wegbly nie, al doen party van julle dit moedswillig. Laat ons mekaar se hande vat en mekaar daarmee help, veral as ons daaraan dink dat dit nie meer lank is voor die Here weer kom nie.

Kernvraag vir die volgende 4 weke:

Hoe moet ek my lewe (Hart, Verhoudings, Organisasie) inrig om te verseker dat ek volhoubaar vrygewig kan wees?


bottom of page