Soms sê die Skrif méér
top of page

Soms sê die Skrif méér


God het bewys hoe lief Hy die wêreld het. Hy het sy unieke Seun na die wêreld toe gestuur sodat elkeen wat in hierdie Seun glo, nie verlore sal gaan nie, maar vir altyd saam met God sal leef. Johannes 3:16

Jy het bostaande teks al ‘n duisend maal gehoor, gelees en dalk selfs uitgespreek. En elke keer was dit lekker om weer herinner te word aan die belofte dat God jou so liefgehad het dat Hy sy Seun gestuur het om vir jou sondes te betaal. So het ek ook die woorde vertaal totdat ek op ‘n dag, danksy ons predikant, Johan van der Merwe, besef het dat hierdie vers soveel meer is as ‘n reseppie van hoe ék in die hemel kan kom. Die “wêreld” waarna Johannes verwys, se Griekse betekenis is: “kosmos”. Ons God het dus die mens én natuur so lief dat Hy sy Seun gestuur het om álles te verbind wat verskeur is ... Hy het gekom om die verhouding tussen God en mens, mens en skepping en vlees en gees te herstel. God wil álmal en álles heel hê. En Hy het ons nodig om Hom te help om saam met Hom te werk aan ’n heel-wêreld.

Mag ek en jy ons plek in hierdie wêreld ken en saam met God werk aan ‘n kosmos wat heel is en brûe bou oor alles wat stukkend is. Watter mens, verhouding of natuurelement kan jý vandag help heelmaak?

Skepper, ek sal as deel van u skepping. Ek is deel van u groot heelmaakproses.


bottom of page