Om anders te kyk
top of page

Om anders te kyk


Ons dien ‘n wonderlike God ... Hy kan julle beskerm dat julle veilig by Hom in sy nuwe wêreld aankom, vol vreugde en met lofliedere in julle hart sodat julle sy grootheid altyd kan beleef. Judas 1: 24

So lank as wat ons leef, gaan ons uitdagings en probleme hê om te oorkom en gaan daar maar altyd iets wees wat aan ons lewenskwaliteit en vrede happer. Om dus ons bestaande omstandighede weg te wens of te glo dat ons Vader veronderstel is om dit weg te neem, is nie die antwoord nie. Om te dink dat ons lewens anders of beter behoort moet wees omdat ons Hom ken, was nooit deel van sy beloftes nie. Veel eerder kan ons midde in ons omstandighede ánders na die lewe kyk, want:

  • ons Vader is in alle omstandighede bý ons;

  • ons Verlosser leef en daarom is ons oppad na ‘n wonderlike tuiste waar ons volkome vrede en liefde gaan ervaar; en

  • ons Heilige Gees is in ons en daarom kan ons met dié wete leef dat Hy – ondanks onsself – ons gedurig nuut kan maak.

Soms verander God nie ons omstandighede nie, Hy verander die manier hoe ons daarna kyk. Soms is dit nie ánder mense wat moet verander en aanpas nie, maar óns. En soms bly die prentjie van ons lewens dieselfde, maar voel ons anders daaroor omdat ons daarna kyk met die oë van ‘n geesvervulde kind.

Skepper-God, ek verwonder my daaroor dat ek na alles een van u wonderwerke bly.


bottom of page