Privaat eiendom. Oortreders sal vervolg word.

So lank as wat die bordjie: "PRIVAAT EIENDOM. OORTREDERS SAL VERVOLG WORD," langs jou kop staan, sal jy nie geestelik in enige rigting vorder nie. Dan bepaal jou "privaat-kop" jou lewenskoers. 

 

Van jou kop gepraat, het jy geweet dit is eksklusief. Daar’s net een weergawe van jou kop op die ganse planeet, en dis hierdie einste een wat jy het. Dis sakpas en spesiaal vir jou ontwerp. Geen ander mens op aarde het jou kop nie. Jy het ook niemand anders s’n nie. Daarom kan niemand soos jy wees nie. Ook kan jy nie soos enigiemand anders wees nie. Net soos wat jou vingerafdrukke uniek is, is jou kop ook uniek. Jou brein is die kreatiewe kragbron van jou lewe wat met komplemente van die Here net aan jou gegee is. Die Here het jou kop nie ontwerp om staties te wees nie, maar om aanhoudend te leer. Jou kop is gemaak vir voortdurende groei. Jy’s nie die slagoffer van ’n brein wat in sement gegiet is nie, tensy jy so iets toelaat. Jou brein is plasties, rekbaar, groeibaar, aanpasbaar, veranderbaar, leerbaar… Met ander woorde, dis nie vooraf-vervaardig by jou afgelewer nie. Jy is nie so gemaak en so gelaat staan nie. Hierdie lewensbelangrike feit plaas jou voor ’n lewenslange uitdaging, en dit is om jou kop aanhoudend in die regte RIGTING te laat groei. Jou voltydse verantwoordelikheid is om al jou gedagtes reg te dink en al jou emosies op gesonde maniere te ervaar. Anders word jy ’n gevangene van ’n verstopte kop. 

  • FEIT: Die Here verskaf graag die regte soort krag vir jou kop. Die ABC van ’n goed geleefde lewe gaan daaroor dat jy hierdie beginsel snap en jou kop tot sy eer gebruik. Jy moet die privaat-beheer hieroor afstaan aan die Here. Dan sal Hy, in die woorde van Romeine 12:2, jou denke nuut maak sodat jy sy wil kan doen. So nie, gaan jy gedurig hemelse kragonderbrekings beleef en deur onwelkome gedagtes gevange gehou word.  

  • FEIT: Gee jou kop elke dag weg aan die Here. Doen dit oor en oor; dag vir dag as 'n geestelike dissipline. Verskuif jou denke, jou aandag, jou emosies aanhoudend Godwaarts.

  • FEIT: Neem goor gedagtes gevange en dink God-verheerlikende gedagtes soos wat 1 Korintiërs 10:4-5 jou leer.

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

February 27, 2020

February 26, 2020

February 25, 2020

February 21, 2020

February 19, 2020

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: