Hier lê iemand met groot potensiaal
top of page

Hier lê iemand met groot potensiaal


“Happiness is living the type of story you want to read about.” Toe ek dit nou die dag op Twitter sê het ’n klompie mense positief hierop reageer. Dit het my opnuut laat besef die meeste mense wil so leef dat dit darem iewers ’n verskil maak. Niemand van ons wil beleef dat ons lewe geen impak het nie. Anders gesê, ons wil nie ’n nuttelose lewe leef nie. Ons wil nie hê mense moet na ons dood op ons grafstene iets skryf soos: “Hier lê iemand met groot potensiaal" nie. Potensiaal help jou niks as jy die dag dood is nie. Dit moet in die regte woorde, dade en aksies omskep word, en boonop so gou as moontlik. Hoe? Wel, jy aktiveer jou potensiaal in God se teenwoordigheid as jy weet wat daardie een of twee talente is wat Hy aan jou gegee het en dit begin gebruik. As dit jou talent of gawe is om leiding te neem, doen dit dan tot eer van God. Of as dit is om te preek, te skryf, ander op te bou, administrasie goed te doen, en noem maar, op - doen dit! So skryf Paulus in Romeine 12. Leef jou potensiaal elke dag uit vir die Here.


bottom of page